Net genoeg om die familie aan die lewe te hou, dis al wat die vissermanne aan die Weskus voor hoop. Die gemeenskap met hul unieke behoeftes is afhanklik van die see om 'n bestaan te voer. Dit word telkens gekompliseer deur probleme met visvangregte wat die manne en vroue gereeld warm onder die kraag het. Melissa Tighy en Izak du Plessis het Lambertsbaai met die oog op die naderende plaaslike verkiesings besoek om te hoor hoe die politiek in die geweste staan.