Kunsvliegvertonings is een van die gewildste items by lugskoue. Jy kry vlieeniers wat solo-vertonings lewer, en vlieeniers wat in formasie vlieg. Suid-Afrika het 'n tyd lank beperkte formasie-vertonings gehad. Maar in 2013 het 'n groep vlieeniers besluit dit is veel lekkerder om saam te vlieg as alleen....en 'n jaar later het hulle hul eerste vertoning by die Zebula lugskou gelewer. Justin Kennerley het 'n oggend met die Raptors Aeroteam deurgebring om te sien waarom die span so gewild onder toeskouers is.