Die Suid-Afrikaanse regisseur, Gavin Hood, se jongste rolprent het soveel mense die naweek na Prins Albert gelok, dat die organiseerders twee ekstra teaters daarvoor moes beskikbaar stel. Dit was 'n groot trekpleister vir besoekers van die In die Karoo Filmfees wat in die dorpie plaasgevind het. Hood het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat FIELA SE KIND een van sy gunsteling rolprente is. Hood het bekendheid verwerf toe hy in 2006 'n Oscar vir die fliek TSOTSI gewen het.