Suid-Afrika het binne 'n bestek van vier dae nie minder nie as drie ministers van finansies gehad. Dit volg na president Jacob Zuma gisteraand laat die nuut aangetelde David van Rooyen tot die departement van samewerkende regering herontplooi het. Van Rooyen se aanstelling in die plek van Nhlanla Nene het die ekonomie minstens R169-miljard gekos. Pravin Gordhan is nou weer die Minister van Finansies, 'n posisie wat hy reeds van 2009 tot 2014 beklee het. Ivor Price en Anita Visser praat hieroor met DA leier , Mmusi Maimane.