"Ek het myself prysgegee." Dit was die woorde wat Adriaan vlok - oud-minister van wet en orde, gebruik het toe hy eerwaarde Frank Chikane, destyds direkteurgeneraal in die Presidensie, se voete gaan was het. Die gebeurtenis wat op 3 Augustus 2006 in Chikane se kantoor in die Uniegebou plaasgevind het, het selfs oorsee reaksie uitgelok. Oudpresident Thabo Mbeki was diep geroer en Patricia de Lille, destyds nog leier van die Onafhanklike Demokrate het gesê Vlok se gebaar was n persoonlike verlenging van die Waarheid-en Versoeningskommissie. By ons in die ateljee is Adriaan Vlok, en later verwag ons vir eerwaarde Frank Chikane om te praat oor die ware betekenis van versoening.