Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

All Monitor episodes

  • Monitor: Groot daling in petrolprys verwag
    27 November 2026: Munisipale rade moet vandag hulle eerste sittings hou om provinsiale ingryping te vermy. 'n Groot daling in die petrolprys word vir volgende week voorspel. Uitspraak voorbehou in Afriforum se hofsaak oor 'n skikkingsooreenkoms ná Nersa se kragtariefflater.
    47 min
  • Monitor: Continental Tyres dalk weg uit Gqeberha
    23 November 2026: Continental Tyres oorweeg dit om produksie by sy Gqeberha-aanleg te staak. Die DA paai die ANC met 'n sogenaamde bestendigheidsraamwerk. 'n Nuwe pil kan 'n deurbraak in die behandeling van pankreaskanker meebring.
    49 min
  • Monitor: Het Helen Zille die aftog geblaas?
    20 November 2026: Ons praat met die teen-bendegroep, PAGAD, oor sy strategie in Kaapstad. Die ANC, ActionSA, die EFF en die MK-Party skuif al hoe nader aan koalisievorming, terwyl Helen Zille volgens berigte die aftog blaas. Paspoortaansoeke is nou sonder afspraak by banke beskikbaar.
    47 min
  • Monitor: Sal Reserwebank rentekoers verhoog?
    18 November 2026: Hoë brandstofpryse stoot inflasie op tot die hoogste vlak in meer as 2 jaar. Sal die Reserwebank torring aan sy uitleenkoers? Wat behels die polisie se nuwe Herstel Agenda - ons praat met 'n parlementslid wat toesig moet hou oor die uitvoering van dié plan.
    49 min
  • Monitor: Daling in petrolprys voorspel
    16 November 2026: 'n Daling in die petrolprys word voorspel. Die ANC stel 'n nasionale koalisie-onderhandelingspan aan onder leiding van sy sekretaris-generaal. Negentig persent van die land se kudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt.
    48 min