Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

All Monitor episodes

  • Monitor: ANC gee terugvoer oor koalisies
    13 November 2026: Die ANC gee terugvoer oor koalisies: Klop die syfers om rade te vorm? Ons praat met 'n navorser. Die Amerikaanse Demokraat, Scott Colom, word verkies as Mississippi se eerste swart Senator. Boere word gemaan om betyds gereed te wees vir El Niño se hoogtepunt.
    48 min
  • Monitor: Waar staan dinge met koalisie-onderhandelinge?
    12 November 2026: Die Helen Suzman-stigting sê Julius Malema het die afgelope sewe jaar volgehoue aanvalle op die regbank gedoen en kan dus nie op die Regterlike Dienskommissie dien nie. Waar staan dinge tans met onderhandelinge om koalisies te vorm. Hoe sal Republikeine, met twee jaar van president Trump se ampstermyn oor, hom benader? Swartvrydag-winskope het reeds afgeskop - 'n kenner waarsku teen die slaggate.
    49 min
  • Monitor: Werkloosheidskrisis verdiep
    11 November 2026: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis verdiep. Soos sake nou staan, sal brandstofpryse aanstaande maand daal. Ons vra 'n kenner hoekom meer as 14 miljoen geregistreerde kiesers nie gaan stem het nie.
    52 min
  • Monitor: Kommer oor verhoging in skoolfooie
    10 November 2026: Die saak teen die 10 mense wat stembriewe in Douglas opgeskeur het, gaan vandag voort. Erge kommer oor die meeste skole wat hulle fooie bó die inflasiekoers verhoog. Ons fokus op Postmasburg in die Noord-Kaap, waar 'n nuwe gemeenskapsparty koning kraai.
    50 min
  • Monitor: Action SA oor hulle sukses en koalisieplanne
    9 November 2026: Ná die verkiesing is die uitslag in 137 rade steeds onbeslis - ons bespreek die opsies en moontlikhede van hoe jy op plaaslike regeringsvlak regeer sal word. Action SA praat oor hulle sukses en koalisieplanne. Wat sê die afgelope verkiesing vir ons oor die verdieping van die Suid-Afrikaanse demokrasie?
    50 min
  • Monitor: Dit is stemdag
    4 November 2026: Stembusse maak oor minder as 'n uur oop in die plaaslike regeringsverkiesing. Kommer oor werksverliese in die landbousektor nadat Suid-Afrika uit AGOA geskop is. Dit lyk of die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers van die Republikeine in die middeltermynverkiesing in Amerika kan wegrokkel. 'n Fliek vir die eerste keer sedert 2013 in Suid-Afrika verban.
    49 min
  • Monitor: SA uit AGOA geskop
    3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.
    50 min