'n Ma & 'n Mikrofoon
Download on the App Store

'n Ma & 'n Mikrofoon episodes

  • Lizanne du Plessis: Maak 'n Kopskuif oor Dissipline / Lizanne du Plessis: Rethinking Discipline
    Dissipline kan maklik voel soos een van die moeilikste dele van ouerskap. Met soveel ouerskap style daar buite ("gentle!" "permissive!", "authoritative!") is dit nie vreemd dat ouers onseker voel oor watter benadering die “regte” een is nie.
    In hierdie episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Lizanne du Plessis van "Doelgerigte Ouerskap" oor wat dissipline eintlik beteken. Ons verken hoekom dit minder oor straf en meer oor leiding en leer gaan, en hoe ons eie emosionele regulering as ouers ’n reuse-verskil kan maak.
    Discipline can feel like one of the trickiest parts of parenting. With so many parenting styles out there – gentle, permissive, authoritative – it’s easy to feel unsure about which approach is “right.”
    In this episode, Daniëlla sits down with parenting expert Lizanne du Plessis to unpack what discipline really means. They explore why it’s less about punishment and more about guiding and teaching our kids, and how our own emotional regulation as parents can make all the difference.
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
    License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    47 min
  • Hoe Ouerskap jou Sekslewe Verander (En Wat Om Daaroor Te Doen)/ How Parenthood Chnages Your Sex Life (And What to Do About It)
    Jou sekslewe verander ná kinders – en dit is heeltemal normaal!
    September is die bewustheidsmaand van Seksuele Gesondheid en in hierdie episode gesels Daniëlla met kenner Karen Bester van Lamelle oor hoe ouerskap en selfs peri-menopouse jou intimiteit en libido kan beïnvloed.
    Ons praat eerlik oor die dinge wat niemand jou dalk al vertel het oor hormone nie, gee praktiese wenke en deel hoe jy gesonde gesprekke met jou eggenoot en kinders kan hê.
    ’n Eerlike, opvoedkundige en ondersteunende gesprek wat elke ma (en pa!) moet hoor!
    Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    33 min
  • Jou Gesin & Geld: Waarom Suid-Afrikaners Nie Kan Spaar Nie/ Jou Gesin & Geld: Waarom Suid-Afrikaners Nie Kan Spaar Nie
    Hoekom is ons land so sleg as dit kom by spaar – en wat beteken dit vir ons gesinne?
    In hierdie episode gesels Daniëlla met finansiële raadgewer én pa van drie, Leon-Ben Lamprecht, oor die groot geldgewoontes wat Suid-Afrikaners terughou. Ons praat oor skuld, die druk om “ryk te lyk,” en hoekom dit só belangrik is om vroeg al met ons kinders oor geld te gesels. Leon-Ben deel praktiese wenke vir ouers: hoe om spaar ’n spanpoging in die gesin te maak en hoe jy 'n finansiële rolmodel kan wees.
    Hoekom is ons land so sleg as dit kom by spaar – en wat beteken dit vir ons gesinne?
    In hierdie episode gesels Daniëlla met finansiële raadgewer én pa van drie, Leon-Ben Lamprecht, oor die groot geldgewoontes wat Suid-Afrikaners terughou. Ons praat oor skuld, die druk om “ryk te lyk,” en hoekom dit só belangrik is om vroeg al met ons kinders oor geld te gesels. Leon-Ben deel praktiese wenke vir ouers: hoe om spaar ’n spanpoging in die gesin te maak en hoe jy 'n finansiële rolmodel kan wees. Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    27 min
  • Suid-Afrikaners Oorsee: 'Waarom ons in die VSA wil bly'/ South Africans Abroad: 'Why We Want to Stay in the USA'
    In hierdie episode gesels Daniëlla met Wanya Du Preez, wat saam met haar gesin al byna ’n dekade in die VSA woon. Sy deel die uitdagings van aanpassing aan ’n nuwe kultuur, die belang van familie en vriendskappe, en hoe gemeenskap en geloof hulle deur moeilike tye gedra het.
    Ons praat oor die verskille tussen Suid-Afrika en Amerika – van veiligheid en geleenthede, tot die kos en tradisies wat sy nog altyd mis. Wanya vertel ook hoe haar kinders floreer in hul nuwe omgewing.
    Hierdie gesprek bou voort op verlede week se episode met Lenique Hutton, wat ná ’n paar jaar oorsee teruggekeer het Suid-Afrika toe. Twee stories, twee perspektiewe... sodat jy kan luister, leer, en dalk jou eie pad beter verstaan.
    In this episode, Daniëlla speaks with Wanya Du Preez, who has lived in the United States with her family for almost a decade. She shares the challenges of adapting to a new culture, the importance of family and friendships, and how community and faith carried them through difficult times.
    We talk about the differences between South Africa and America – from safety and opportunities, to the food and traditions she still misses. Wanya also explains how her children are thriving in their new environment, and how the journey has helped their family grow stronger.
    This conversation follows last week’s episode with Lenique Hutton, who returned to South Africa after living abroad. Two stories, two perspectives... so you can listen, learn, and perhaps see your own path more clearly.
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
    License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    32 min
  • Waarom Ons Terugkom Suid-Afrika Toe Ná Emigrasie / Why We Returned to South Africa After Emigrating
    Dink jy daaraan om jou tasse te pak en oorsee te gaan? In hierdie gesprek gesels Daniëlla met Lenique Hutten, wat saam met haar gesin ’n paar jaar in Nederland gewoon het – en toe besluit het om terug te keer na Suid-Afrika. Ons praat oor die uitdagings van emigrasie, die aanpassing aan ’n nuwe kultuur, die impak op kinders se skool- en sosiale lewe, en hoe verlange na familie en ’n gevoel van "behoort" uiteindelik hul besluit beïnvloed het. Lenique deel ook watter lesse hulle as gesin geleer het, en hoe die ervaring hulle sterker gemaak het.
    * Hierdie episode is deel van ’n tweeluik oor emigrasie – volgende week hoor ons van ’n gesin wat nege jaar gelede na die VSA verhuis het… en stééds daar is.
    Thinking about packing your bags and moving overseas? In this episode, Daniëlla speaks to Lenique Hutten, who lived in the Netherlands with her family for a few years – and then decided to move back to South Africa. We talk about the challenges of emigrating, adjusting to a new culture, the impact on children’s school and social lives, and how longing for family and a sense of belonging ultimately influenced their decision. Lenique also shares the lessons they learned as a family, and how the experience made them stronger.
    This episode is part of a two-part series on emigration – next week, we’ll hear from a family who moved to the USA nine years ago… and are still there.
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
    License code: I430IW70W4DQLJ9Z
    Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    38 min
  • Die Grootste Leuens oor Borsvoeding (Wat ’n Vroedvrou Wil Hê Jy moet Weet)/ The Biggest Lies About Breastfeeding (That a Midwife Wants You to Know)
    Die Grootste Leuens oor Borsvoeding (Wat ’n Vroedvrou Wil Hê Jy moet Weet)
    Dit is borsvoedingsweek – en hierdie week se episode lê my besonders na aan die hart. Nie net omdat borsvoeding vir soveel ma’s belangrik én uitdagend is nie, maar ook omdat ons heel eerste gas ooit, Katinka Lategan, weer saamgesels. In haar terugkeer na die mikrofoon deel Katinka, ’n ervare vroedvrou, haar diepgaande kennis oor borsvoeding.
    Ons gesels oor die fisiologie daarvan, hoe kolostrum werk, en die hormonale en emosionele skommelinge wat ma’s ná geboorte beleef. Maar veral fokus ons op die waninligting wat steeds versprei word: die leuens wat ma’s laat voel hulle doen iets verkeerd, of nie goed genoeg is nie.
    As jy tans borsvoed, oorweeg om te begin, of dalk steeds wonder hoekom dit nie vir jou uitgewerk het nie... hierdie gesprek is vir jóú. Want wanneer jy iets beter verstaan, kan jy met meer selfvertroue besluite neem vir jou, jou baba en julle unieke situasie.
    It’s World Breastfeeding Week and this episode is one that’s especially close to my heart. Not just because breastfeeding is such a big and sometimes tough part of motherhood, but also because my very first podcast guest ever, Katinka Lategan, is back behind the mic.
    Katinka is an experienced midwife and in this episode she shares her deep knowledge of breastfeeding. We talk about how it actually works, what colostrum is and why it matters, and the emotional and hormonal rollercoaster many moms go through after birth.
    But we also zoom in on the myths that still get shared too often. The kind of misinformation that can make a mom doubt herself or feel like she’s doing it all wrong.
    If you’re currently breastfeeding, thinking about starting, or still wondering why it didn’t work out for you, this conversation is for you. Because once you really understand how it all works, you can make choices that feel right for you, your baby and your unique situation.
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
    License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    43 min
  • Jean-Marié Stander: Waarom ek op 35 'n Histerektomie gekry het / Jean-Marié Stander: Why I Had a Hysterectomy at 35
    Op 35 is Jean-Marié Stander al deur talle storms: 'n Pad met infertiliteit, IVF, die verlies van haar suster, 'n diagnose van adenomiose en 'n histerektomie. In dié episode gesels Daniëlla met Jean-Marié daaroor, maar ook oor die vreugdes in haar lewe: Om die ma van een kind te wees en hoe draf haar terapie geword het. Dis ’n gesprek oor liggaam en gees, oor aanhou beweeg (letterlik én figuurlik) wanneer jou lewenspad anders verloop as wat jy gedink het. En oor hoekom ons as ma's meer moet praat oor dié dinge wat dikwels verswyg word.
    At 35, Jean-Marié Stander has already weathered many storms: a journey with infertility, IVF, the loss of her sister, a diagnosis of adenomyosis, and eventually, a hysterectomy.
    In this episode, Daniëlla talks to Jean-Marié about all of that — but also about the joys in her life: being a mom to one child and how running has become her therapy.
    It’s a conversation about body and mind, about keeping going (both literally and figuratively) when life doesn’t unfold the way you expected. And about why, as mothers, we need to speak more openly about the things that so often go unspoken.
    Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    39 min
  • Helen Zille: 'Ma-wees was die moeilikste ding wat ek ooit moes doen' / Helen Zille: “Being a mom was the hardest thing I’ve ever had to do”
    Om leier van die land se opposisie te wees, was moeilik.
    Om 'n ma te word, was moeiliker.
    In dié episode gesels Daniëlla met Helen Zille, wat as ystervrou van Suid-Afrikaanse politiek beskou word. Sy vra Zille (74) egter nie uit oor die RNE, verkiesings of selfs die DA* nie - maar eerder oor haar haar reis as ma, ouma, skoonma, en dogter. Helen Zille vertel ons van haar ervaring met nageboorte-depressie, haar eie ma se depressie, die uitdagings van ouerskap, en hoe sy vandag haar verhouding met haar skoondogter benader.
    *NS. Zille verklap wél bietjie meer oor haar planne om haarself as burgemeester van Johannesburg verkiesbaar te stel, en die invloed wat haar kleinkinders op daardie besluit het.
    Being the Leader of the Opposition was difficult.
    Being a mom was even harder.
    In this episode, Daniëlla speaks to Helen Zille — often described as the iron lady of South African politics. But this time, Zille (74) doesn’t talk about the GNU, elections, or even the DA* — instead, she reflects on her journey as a mother, grandmother, mother-in-law, and daughter.
    She opens up about her experience with postnatal depression, her own mother’s mental health struggles, the challenges of parenthood, and how she approaches her relationship with her daughter-in-law today.
    *P.S. Zille does however let us in on one hot political topic — her plans to possibly run for mayor of Johannesburg, and the surprising influence her grandchildren have had on that decision. Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    30 min
  • Stukkende Huwelik, Heel Kind – Help jou kind Só deur ’n Egskeiding/ Broken Marriage, Whole Child – How to Help Your Child Through a Divorce
    ’n Egskeiding beteken nie noodwendig ’n gebroke kind nie. Maar dit kan seermaak – en daarom moet ouers weet hóé om kinders deur hierdie moeilike tyd te help. In hierdie episode gesels Daniëlla met gaste Mariaan Prins (opvoedkundige sielkundige) en Marli Lerm ( prokureur) oor hoe egskeiding kinders beïnvloed, watter foute ouers dikwels maak, en waarom ’n ouerskapsplan (parenting plan) en professionele ondersteuning noodsaaklik is.
    A divorce doesn’t necessarily mean a broken child. But it can hurt – and that’s why parents need to know how to support their children through this difficult time. In this episode, Daniëlla speaks with guests Mariaan Prins (educational psychologist) and Marli Lerm (attorney) about how divorce affects children, the common mistakes parents make, and why a parenting plan and professional support are essential.
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light
    License code: I430IW70W4DQLJ9Z Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com
    for information about our collection and use of personal data for
    advertising.
    38 min

About 'n Ma & 'n Mikrofoon

From the publisher's feed

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand.