Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about NARRATIEF MET BOUWER BOSCH:How many episodes does NARRATIEF MET BOUWER BOSCH have?The podcast currently has 91 episodes available.
January 16, 2018EPISODE 21: COBUS POTGIETERCobus Potgieter is nie net een van die wêreld se beste drummers nie maar is verseker die vriendelikste musikant op aarde ook. Op skool was hy Glaskas se eerste drummer maar sou nooit kon dink hoe sy lewe verander het nadat hy sy passie 'n kans gegee het nie. Ek het met Cobus gesels oor hoe dit gebeur het dat 'n video van hom waar hy dromme speel viral gegaan het en miljoene hits gekry het asook hoe dit gebeur het dat hy VSA toe verhuis het. Ons het ook gesels oor hy wat saam met Busted deur Europa getoer het, tot waar Justin Bieber se musiekregisseur hom gekontak het vir 'n oudisie vir Justin se toer. Cobus weet hoe om homself te omring met mense wat doen wat hy wil doen asook mense wat beter as hy is sodat hy kan leer by almal. Gaan loer gerus na Cobus se videos op sy Youtube kanaal - https://www.youtube.com/user/deedlebag...more1h 7minPlay
January 08, 2018EPISODE 20: MELT SIEBERHAGEN (AKTEUR, SKRYWER, KOMEDIANT)Melt Sieberhagen is 'n skrywer, akteur, standup comedian en sommer net iemand met 'n magdom verskillende talente as dit kom by die kunste en vermaak. Melt is nie iemand wat bang is om sy opinie te lig oor kwessies wat hom pla nie en ek het met hom gesels oor sy tyd as kind in Ventersdorp, wat hom laat besluit het om in die kunste in te gaan asook my gunsteling temas deesdae soos die "afrikaner", leierskap, die geraas van sosiale media en sommer net ook standup comedy in Suid Afrika....more1h 4minPlay
December 26, 2017EPISODE 19: DEON MEYER (SKRYWER)Deon Meyer is een van die wêreld se voorste misdaadfiksieskrywers. Oorsprongklik van Klerskdorp in die Noordwes is hierdie voormalige bestuurder van 'n Spur restourant se boeke in al in meer as 27 tale wêreldwyd vertaal. Ek het met Deon gesels oor hoe sy skryfproses lyk, wat hy dink van skrywersblok, die afrikaner, leierskap in Suid Afrika en sommer net sy storie tot en met nou....more1h 3minPlay
December 17, 2017EPISODE 18: MERCY KANNEMEYER (SKRYWER, REGISSEUR)Mercy Kannemeyer is 'n honeurs dramastudent en dokumentêre filmmaker van Stellenbosch. Sy is persoonlik vir my een van die ontluikende skrywers, denkers en filmmakers wie se loopbaan fyn dop gehou moet word in die toekoms want ek voorspel sy gaan nog ongelooflike groot dinge doen. Sy het 'n baie interessante en belangrike dokumentêr gemaak oor wat daar is om te verloor indien Afrikaans finaal afgeskaf word as tersiêre onderrigtaal. Jy kan gerus na haar dokumentêr hier kyk - youtu.be/_oRfpixLl9g...more55minPlay
December 10, 2017EPISODE 17: ALEX FOURIE (FOTO NA DANS & weFIX)Alex Fourie was die trompetspeler van Foto na Dans en is ook die meesterbrein agter die weFIX maatskappy. Tydens sy dae as trompetspeler vir Foto na Dans het hy homself geleer hoe om iPod's en slimfone reg te maak en sodoende 'n gaping in die mark gesien vir sy dienste. Vandag is daar 36 weFIX winkels landswyd en het ongeveer 400 werknemers. Ons gesprek het gehandel oor die dae toe ons saam met Foto na Dans getoer het as Straatligkinders, sy passie vir entrepreneurskap en ook bietjie gesels oor Bitcoin en waarheen dit op pad is. Gaan loer gerus na weFix en wat hulle doen, jy mag dalk net hulle dienste binnekort benodig - www.wefix.co.za...more47minPlay
December 01, 2017EPISODE 16: DANIE DU TOIT(SPOEGWOLF)Danie du Toit is die sanger en liriekskrywer van die groep Spoegwolf. Met sy unieke stem en aanslag tot lirieke het hy al duisende mense se denke en harte aangeraak en verander. Ons het 'n lekker diep en rou gesprek gehad oor kerk, die idee dat musiek genesend en verwoestend kan wees, films en ook die konsep van "afrikaners"....more58minPlay
November 20, 2017EPISODE 15: DANIËLLA VAN HEERDENDaniëlla van Heerden is een van Suid Afrika se top joernaliste. In haar soeke na die waarheid is sy iemand wat altyd die goeie of inspirerende kant van 'n storie sien. Sy is ook 'n Potchefstromer en ek ken haar van ons laerskool dae af. Ons het gesels oor haar passie vir joernalistiek, fopnuus, is sosiale media 'n goeie verteenwoordiger van hoe mense regtig in Suid Afrika voel en vele meer....more1h 5minPlay
November 15, 2017EPISODE 14: ENEMY OF THE PEOPLE - BOEKVRYSTELLINGAdriaan Basson(News24) en Pieter du Toit(Huffington Post) se boek getiteld: "Enemy of the People" het sopas die rakke getref. Die boek handel oor hoe Jacob Zuma al vir 10 jaar lank elke beweging haarfyn beplan en uitgevoer het om die land te "verkoop" aan die Guptas. Die boek handel ook oor hoe Suid Afrikaners uit verskillende agtergronde terug baklei het en besig is om Jacob Zuma en sy trawante op hulle plek te sit....more50minPlay
November 15, 2017EPISODE 13: PIETER-LOUIS MYBURGHNie alle superhelde dra mantels nie en nie alle rockstars staan agter ’n mikrofoon nie. Pieter-Louis Myburgh is ’n ondersoekende joernalis wat die boek: “The Republic of Gutpa, A Story Of State Capture” geskryf het. Ek het met hom gesels oor waar sy passie vir joernalistiek begin het, wanneer hy vir die eerste keer besef het hoe magtig die waarheid kan wees asook die uitdagings van om ’n joernalis te wees in land soos Suid Afrika en ook in ’n tyd soos nou. Ons het ook oor fopnuus gesels en hoe aanspreeklikheid lyk binne die joernalistieke wêreld. Pieter-Louis se passie vir die geskiedenis is ’n groot motivering vir hoekom hy skryf en baklei vir ’n beter toekoms in Suid Afrika. Sy konstante soeke vir die waarheid is aansteeklik en sy honger om boelies aan te vat met dit is iets wat ek dink elkeen van ons by hom kan leer....more1h 7minPlay
November 08, 2017EPISODE 12: SCHALK VAN HEERDENSchalk van Heerden is een van ons generasie se voorste denkers en leiers wanneer dit kom by versoening in Suid Afrika. Schalk werk tans saam Roelf Meyer en hulle organisasie se naam is "Youth Zones"("a Foundation for a Safe South Africa's flagship programme: Youthzones, is an initiative to build friendships and share ideas that could help us better our own lives." waar hulle in informele nedersettings opbouingsprojekte doen. Schalk het 'n boek geskryf met die naam "Time to Trek" wat baie kontroversiële opinies en idees bevat rondom ons land se verlede en hede en hoe ons 'n beter land vir almal kan skep. Ons het gesels oor die "die stem", #swartmaandag, het "afrikaners" leiers nodig vandag, hoekom doen kerke nie meer moeite rondom versoening in Suid Afirka nie asook net hoe stukkende mense soos ek en hy 'n verskil kan maak of ten minste probeer maak in Suid Afrika. Jy kan meer uitvind oor Youth Zones hier - www.youthzones.co.za...more1h 15minPlay
FAQs about NARRATIEF MET BOUWER BOSCH:How many episodes does NARRATIEF MET BOUWER BOSCH have?The podcast currently has 91 episodes available.