Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about NARRATIEF MET BOUWER BOSCH:How many episodes does NARRATIEF MET BOUWER BOSCH have?The podcast currently has 91 episodes available.
October 30, 2017EPISODE 11: EMO ADAMSEmo Adams is nie net een van ons land se voorste kunstenaars en televisiepersoonlikhede nie. Hy is ook iemand wat nie bang is om ’n stem te wees vir die wat nie stemme het nie. Hy is iemand wat besef watter groot rol kunstenaars in die samelewing speel asook die impak wat jy met jou lewe kan maak deur net anders te wees as almal. Ons het gesels oor waar alles vir hom begin het, sy verhouding met sy pa, geloof, die storie agter sy huwelik asook oor 'n paar bruin helde van vandag....more1h 18minPlay
October 23, 2017EPISODE 10: GIELIE HOFFMANGielie Hoffman is een van my gunsteling denkers en skrywers van ons generasie. Hy het 'n manier om die moeilike maar regte vrae te vra sodat jy self by die antwoord uitkom. Sy rubrieke is tydloos en sy invloed op die jonger generasie is iets waaroor ons nog baie dankbaar gaan wees in die toekoms. Ons 'n lekker gesprek gehad oor leierskap, geloof, die toekoms van Suid Afrika asook hoe belangrik kwesbaarheid is vir 'n skrywer. Gaan loer gerus na sy werk en idees by www.gieliehoffmann.co.za...more1h 23minPlay
October 16, 2017EPISODE 9: HUNTER KENNEDY (FOKOFPOLISIEKAR)Hunter Kennedy(Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) is nie net ’n fenominale digter, skrywer en musikant nie maar hy is ook iemand wat nie skaam is om te erken hy geniet ’n Britney Spears treffer elke nou en dan nie. Ek en Hunter het oor geloof gesels, Fokofpolisiekar se nuwe album “Selfmedikasie”, hoe lyk betrokke kuns vandag asook die tweestryd tussen om iemand lief te hê en om toe te laat dat iemand jou liefhê....more1h 16minPlay
October 09, 2017EPISODE 8: PEACH VAN PLETZENPeach van Pletzen is nie net een van ons land se beste vervaardigers en musikante nie maar hy is ook iemand wat sy elke musikale besluit haarfyn beplan. Die uiteenlopendheid van Yesterday's Pupil, Bittereinder en sy nuwe projek Van Pletzen is bewyse dat Peach iemand is wat iets te sê het, en met sy unieke aanslag tot vervaardiging en musiek is hy iemand wat uitstaan in die vermaakwêreld. Maar apart van 'n ongelooflike suksesvolle loopbaan in musiek is Peach ook iemand wat mens 'n ding of twee kan leer oor die lewe. Sy uitkyk op die lewe en unieke sin vir humor is niks minder as inspirerend nie. Ons gesprek het gehandel oor sy loopbaan tot dusver, sy super famous pa asook hoe ons die spirituele aanpak in ons eie lewens....more1h 22minPlay
September 29, 2017EPISODE 7: IVOR SWARTZIvor Swartz is 'n jeugwerker in Johannesburg. Sy lewe en beroep is om 'n lig te wees maar hoe is mens 'n lig wanneer jy een van die donkerste verledes denkbaar het? Ivor was 15 jaar oud toe hy deel was van 'n bende en sy eie broer vermoor het. Hy moes vyf jaar tronk toe gaan en het daar ook skool klaar gemaak. Ons het 'n baie moeilike en eerlike gesprek gehad oor vergifnis, hoe hy God vandag sien teenoor die God wat deur die apartheid narratiewe aan hom gewys is. Ons het ook die idee ondersoek van God se hart teenoor God se woord en of die twee kan verskil. Ek hoop die gesprek beteken vir jou so baie soos wat dit vir my beteken het....more1h 21minPlay
September 21, 2017EPISODE 6: BIBI SLIPPERS (SKRYWER EN DIGTER)Ek gesels met die digter Bibi Slippers oor haar digbundel "Fotostaatmasjien". Ons probeer uitvind oor "struggle poetry" en hoe dit in vandag se tyd lyk. Sy vertel my ook oor haar obsessie met pop musiek en gee meer konteks agter die ses sekonde video waar sy met Breyten Breytenbach langarm. Ja, jy het reg gelees. Langarm met Breyten Breytenbach....more1h 5minPlay
September 17, 2017EPISODE 5: DEON MEIRINGEk gesels met Deon Meiring(Glaskas en Dans Dans Lisa) oor hoe dit gebeur het dat hy op 15 jarige ouderdom een van sy grootste liedjies ooit geskryf het, hoe hy dit reggekry het om by die Springbok Fourie du Preez se troue op te tree, hoekom hy teologie begin studeer het asook dit wat hy al in sy 2 jaar van getroude lewe geleer het....more1h 15minPlay
September 11, 2017EPISODE 4: HÉLÈNE OPPERMAN LEWISHélène Opperman Lewis is 'n sielkundige wat die boek, Apartheid: Britain's bastard child geskryf het. Die boek ondersoek die verwoestende rol wat vernedering van die Afrikaner deur die Britte gespeel het in die ontstaan van apartheid. Ons het gesels oor hoe vernedering werk asook ook die effek wat dit op generasies daarna het....more1h 5minPlay
September 08, 2017EPISODE 3: EWALD JANSEN VAN RENSBURGVervaardiger en kitaarspeler vir die band "Monark". Hy was die vervaardiger van al Straatligkinders se albums en is deesdae een van die beste vervaardigers in die Suid Afrikaanse musiekbedryf en is die man agter van Elvis Blue, Majozi, Craig Lucas en vele meer kunstenaar se treffers. Ons het gesels oor hoe ons saam begin het, die krag van musiek asook hoe moeilik dit soms is om musiek as 'n loopbaan aan te pak....more1h 24minPlay
September 04, 2017EPISODE 2: BEER ADRIAANSEEk gesels met Beer oor die legendariese MK Avontoere, sy passie vir stories en films asook ons rol as wit afrikaners in Suid Afrika. Hy deel ook 'n storie van 'n noue ontkoming tydens 'n vlug Johannesburg toe....more1h 21minPlay
FAQs about NARRATIEF MET BOUWER BOSCH:How many episodes does NARRATIEF MET BOUWER BOSCH have?The podcast currently has 91 episodes available.