Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Fosa vra verhoogde matriek-slaagsyfer
    Forum for South Africa sê die regering moet die slaagvereistes vir matriek verhoog, en sê 'n 30 persent-slaagsyfer in sommige vakke is te laag. Die Forum beplan om 'n Wiskunde-program vir grade vier tot sewe in werking te stel om leerders se vaardighede te verbeter voordat hulle matriek bereik. Tebogo Mashilompane van die Forum sê meer belegging is in basiese onderwysnodig, veral in wiskunde, wetenskap, lees en digitale vaardighede:
    1 min
  • US$5 000 vir stemme - Trump sê hy't nie toestemming nodig nie
    Die Amerikaanse President Donald Trump sê sy kontroversiële voorstel om ’n tjek van 5 000 dollar aan elke Amerikaner te stuur – as sy party die November middel-termyn verkiesings wen - nie goedkeuring van die Kongres benodig nie. Opposisie-politici het Trump se plan gekritiseer, met baie wat kla dat dit die land ongeveer 1,3 miljard Amerikaanse dollar sal kos. Trump het met CBS Nuus gepraat:
    1 min
  • Sekondêre nywerhede moet teen 2030 25% van BBP bydra
    Nasionale Beplanningskommissie direkteur-generaal Kaire Mbuende sê Namibië beoog om sekondêre nywerhede se bydrae tot 25 persent van BBP teen 2030 te verhoog. Mbuende was ‘n gasspreker by die 2026 Afrika Groen Nywerhede Beraad in Swakopmund en sê die inisiatief vorm deel van die regering se verbintenis om plaaslike vervaardiging uit te brei en die land se afhanklikheid van ru-materiaal uitvoere te verminder.
    1 min
  • SA se mynbouproduksie daal in Julie
    Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie met 7,5-persent op 'n jaargrondslag gedaal, hoofsaaklik weens afnames in die produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Verkope van minerale het ook met 5,6-persent afgeneem, terwyl goudverkope met meer as 33-persent getuimel het. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê seisoenaal aangepaste mineraalverkope het op 'n maandelikse grondslag met 15,1-persent gedaal en mynbouproduksie is 1,9-persent laer as in Junie:
    1 min
  • Baboon City: Stad Whk erken hom nie, weet niks van vergadering nie
    Stad Windhoek weier om Baboon City, 'n groeiende informele nedersetting agter Rocky Crest en Pionierspark te erken, en hou vol dat die gebied skoongemaak en na sy oorspronklike toestand herstel moet word. Volgens stadswoordvoerder Lydia Amutenya is die grond deel van 'n stuk wat aan die China Railway Seventh Group Namibia verhuur word en dus is dit die maatskappy se verantwoordelikheid om die plakkers uit te sit. Rondom 800 mense woon reeds tien jaar lank daar. Intussen sê die inwoners hulle wil met die stad vergader maar Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat geen formele versoek vir 'n vergadering ontvang is nie.
    1 min
  • Waarmee is olifant Apollo besig?
    Die bulolifant wat laat in 2019 uit die Swakopmund-gebied verskuif is, het hom ten volle op die Zannier-reservaat aangepas en tree op as leier vir jonger bulle. Marlice van Vuuren, medestigter van die N/a'an ku sê-stigting, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê data van satelliet-halsbande toon dat die 25-jarige olifant, Apollo, 'n voedingsgebied gevestig en sy gesondheid herwin het. Van Vuuren sê dat dit wys hoe strategiese hervestiging mens-dier konflik kan oplos en probleemdiere 'n lewensvatbare tweede kans kan bied:
    1 min
  • 9/11: Dis 25 jaar vandag
    Vandag is dit 25 jaar sedert die terroriste-aanvalle op Amerika op 11 September 2001. Maar daar is ‘n parallel met Namibië. Vir jonger geslag wat destyds nie geleef het nie, is 9/11 'n tragedie wat hoofsaaklik deur stories, skoollesse, digitale argiewe en sosiale media bekend is, wat tot apatie lei, nes plaaslik met die bevrydingstryd. Kosmos 94.1 Nuus het met die afgetrede Amerikaanse diplomaat Brooks Specter gepraat, wat sê ouer geslagte moet die gees van 9/11 lewend hou.
    1 min
  • NAB sê oor uitdagings met mielie-bemarking
    Daar is 'n bemarkingsagterstand vir die groot 110 000 ton witmielie-oes omdat meulenaars minder graan aankoop. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die algemene bestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, dit is hoofsaaklik omdat hulle nie meer mieliemeel aan die skool-voedingsprojek voorsien nie. Meer as 20 000 ton is onbemark in die Karstgebied, maar die Hardap-streek se opbrengs is alles verkoop. Mulonda het egter goeie nuus:
    1 min
  • Hemelhoë inflasie kan repokoers raak
    Die inflasiekoers het in Augustus tot 5 persent gestyg, die hoogste vlak sedert Februarie 2024. Terwyl stygende inflasie druk op rentekoerse kan plaas, sê Robert McGregor van Cirrus dat die Bank van Namibië ook ekonomiese groei, kredietverlening en internasionale reserwes sal oorweeg wanneer hy sy volgende repokoersbesluit in Oktober neem. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Morero vra Joburg-inwoners om onwettige kragverbindings aan te meld
    In Suid-Afrika doen Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, ʼn beroep op inwoners om onwettige elektrisiteitsverbindings aan te meld en te help om elektrisiteitsinfrastruktuur te beskerm. Die metro verloor na raming sowat 29-persent van sy elektrisiteit. Dit word grootliks toegeskryf aan onwettige verbindings, gepeuter met meters, diefstal en elektrisiteitsverbruik wat nie gemeet word nie. Morero sê die gevolge strek verder as finansiële verliese.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.