Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Amerikaners moet vasbyt, Iran is swak: Trump
    Brent ru-olie verhandel tans teen 102 Amerikaanse dollar per vat, met handelaars wat voorberei vir dieper ontwrigtings in die aanbod midde Iran en die VSA se grootste aanvalle op skeepvaart sedert die begin van hul konflik. Brent het met byna 30 persent gestyg vanaf laagtepunte wat vroeg in Augustus bereik is. Intussen sê Amerikaanse president Donald Trump hy verwag dat oliepryse na November se middeltermyn-verkiesing drasties sal daal. Hy sê Amerikaners moet vasbyt vir nou, want Iran is swak.
    1 min
  • Plaaslike uraannavorsing kry hupstoot
    Namibië neem 'n belangrike stap om sy eie uraannavorsingskapasiteit te bou. Dit kom nadat Unam amptelik 'n gesamentlike laboratorium tussen China en Namibië oor die doeltreffende benutting van uraanbronne op sy hoofkampus in Windhoek geopen het. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê vir die eerste keer sal plaaslike navorsers en studente toegang hê tot gespesialiseerde toerusting om te toets hoe uraan van plaaslike erts geskei kan word, wat praktiese opleiding nader aan die huis bring.
    1 min
  • DA wil ANC-kandidate in 6 munisipaliteite keer
    Die DA het dokumente by die Verkiesingshof ingedien vir toestemming om in te gryp by die ANC se poging om 181 kandidate in ses munisipaliteite te stel vir die munisipale verkiesing in November. Die ANC sê hy kon weens probleme met die Verkiesingskommissie se stelsel nie die spertyd van vyf namiddag op 28 Augustus haal nie. Die kommissie ontken dit. Jan de Villiers van die DA sê reëls en sperdatums moet regverdig toegepas word op elke politieke party wat aan die verkiesing wil deelneem:
    1 min
  • EU bewillig €20 miljard vir Afrika se energie-oorgang
    EU-direkteur vir Internasionale Vennootskappe, Erica Gerretsen, sê tot soveel as 20 miljard Euro is vir die 6-jaar periode 2021 tot 2027 deur die EU opsygesit om Afrika se energie-oorgang te versterk. Gerretsen het gaste by die 2026 Afrika Groen Nywerhede Beraad in Swakopmund toegespreek. Sy sê die energie-inisiatief tussen die vasteland en die EU beoog om minstens 50-gigawatt hernubare elektrisiteitskapasiteit te genereer en kragvoorsiening aan tot soveel as 100 miljoen mense teen 2030 te lewer.
    1 min
  • NOVA sal KI-tegnici oplei
    Namibië se baanbreker-instelling vir kunsmatige intelligensie, NOVA, is geloods om KI-tegnici op te lei en jongmense toe te rus met praktiese vaardighede in produkontwikkeling, innovasie en digitale entrepreneurskap. NOVA se uitvoerende direkteur, Immanuel Antonius, sê dat die instelling gestig is om die vasteland se ernstige werkloosheidkrisis aan te spreek, waar ongeveer nege miljoen uit 12 miljoen gegradueerdes elke jaar nie formele werk kry nie. Deur markgerigte KI-opleiding aan te bied, beoog NOVA om Afrika-jeugdiges te posisioneer om te kapitaliseer op die ontwikkelende digitale ekonomie en die toekoms van werk.
    1 min
  • Amushelelo wil myne nasionaliseer
    Aktivis Michael Amushelelo doen 'n beroep op die nasionalisering van Namibië se myne en sê dat die land sy minerale rykdom moet gebruik om noodsaaklike openbare dienste te finansier, eerder as om op buitelandse hulp staat te maak. Dit kom terwyl Amerika sowat 45 miljoen Amerikaanse dollar in jaarlikse MIV/Vigs-befondsing aan die land gaan uitfaseer, terwyl buitelandse mynmaatskappye steeds honderde miljoene dollar uit die land se natuurlike hulpbronne genereer. Amushelelo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Brockerhoff-borg reuse terugslag vir teenstropery
    Die K9 Anti-poaching Unit waarsku dat die vrylating op borgtog van die berugte stroper Derick Brockerhoff nog 'n ernstige terugslag vir teenstropery bedrywighede is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Rickus Spangenberg twyfel uitgespreek dat die wettige vrylating Brockerhoff sal afskrik om terug te keer na onwettige jag, en waarsku dat toenemende frustrasie onder grondeienaars en boere tot direkte konflik kan lei. Brockerhoff het ten minste 11 onwettige jagsake hangende teen hom in verskeie howe regoor Namibië en is borgtog van 3 000 Namibiese dollar in die Mariental-landdroshof toegestaan vir sy Desember 2025-arrestasie by Kalkrand:
    1 min
  • Russiese hommeltuig tref amper Zelensky se vliegtuig
    'n Russiese hommeltuig wat Moldawië se lugruim binnegedring het, het amper 'n vliegtuig met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky aan boord getref. Dit het die vertrek van die vliegtuig vertraag. Zelensky het Dinsdagaand van Moldawië na Oslo in Noorweë vertrek vir die begrafnis van Koning Harald gister. Die hommeltuig het na wat berig word sowat 160 kilometer van die Chișinău Internasionale Lughawe in Moldawië se hoofstad ontplof. Moldawië se ambassadeur in Amerika, Vladislav Kulminski, het aan CNN gesê die insident was heel waarskynlik nie 'n ongeluk nie:
    1 min
  • City Power konfiskeer R200 000 se toerusting in Alexandra
    City Power het op sowat 180-kilogram kabels en drie elektrisiteitspale ter waarde van ongeveer 200 000 Suid-Afrikaanse rand beslag gelê tydens 'n operasie teen onwettige verbindings in Alexandra. Die operasie, wat saam met die polisie en die Johannesburgse Metropolisie uitgevoer is, het gefokus op gevaarlike verbindings langs Londonweg en die Greenville-informele nedersetting. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê die onwettige verbindings, insluitend oop kabels naby Zenzele Laerskool, hou 'n ernstige risiko van elektriese skok, brande en kragonderbrekings in:
    1 min
  • Inflasie: Khomas tjop af op 5,9%
    Die jaarlikse inflasiekoers vir Augustus het tot 5 persent gestyg, 'n toename van die 4,4 persent wat in Julie aangeteken is. Dit is ook 'n beduidende toename in vergelyking met 'n jaar gelede, toe die inflasiekoers op 3,2 persent gestaan het. Die woordvoerder van die Namibiese Statistiekagentskap, Mirjam Shihepo, het meer oor sonale inflasie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.