Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Ramaphosa veroordeel aantygings van stemkopery
    Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê bewerings van stemkopery by partykonferensies is onaanvaarbaar. Verlede maand het senior ANC-lid en nasionale uitvoerende komiteelid Nkosazana Dlamini Zuma die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en Ramaphosa beskuldig dat hulle afgevaardigdes gekoop het om te verseker dat hulle die 2022-verkiesingskonferensie wen. Ramaphosa het gister tydens 'n stemwerwingsveldtog in Tembisa gesê terwyl hulle die ANC hernu, moet stemkopery uitgeroei word waar dit ook al voorkom:
    1 min
  • Swapo verwerp bewerings dat jeug onder hom uitgesluit is
    Swapo se jeugliga sê jong Namibiërs is deel van nasionale beleid en regering, en verwerp bewerings dat die jeug steeds uitgesluit is van belangrike politieke leierskapsrolle. Jeugliga-woordvoerder Moses Shikerete beklemtoon dat 'n beduidende aantal jong kaders ná die algemene verkiesing van 2025 oor plaaslike, streeks- en parlementêre strukture ontplooi is, asook aanstellings in die uitvoerende kabinet. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Britse sanksies in Israel sal nie anti-Semitisme aanvuur nie
    Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, verwerp die idee dat Britse Jode in gevaar is nadat sanksies ingestel is teen Israelse nedersettings in die Wesoewer. Brittanje het ʼn verbod geplaas op handel met sogenaamde onwettige Israelse nedersettings en beskuldig Benjamin Netanyahu se regering van etniese suiwering. Die Britse hoofrabbi, Ephraim Mirvis, glo die sanksies sal slegs daarin slaag om die ekstremisme, wat die regering juis wil teiken, te vererger. Miliband sê enige persoon wat Britse Jode teiken oor die Israelse regering se optrede, is skuldig aan anti-Semitisme:
    1 min
  • Nul-persent alkohol vir bestuurders in SA oorweeg
    Die Motorbedryf-personeelvereniging sê geen hoeveelheid alkohol behoort as veilig vir voertuigbestuurders beskou word nie. Die vakbond ondersteun die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se voorgestelde veranderings aan die Wet op Nasionale Padverkeer om 'n nul-persent bloedalkohollimiet vir bestuurders in te stel. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, sê die voorgestelde wet word steeds oorweeg en sal deur die kabinet en die Parlement geodgekeur moet word voordat dit in werking kan tree:
    1 min
  • Emfuleni-vlootskandaal was duurder, eerder R35m
    Die DA sê die Emfuleni munisipale vlootskandaal het die munisipaliteit moontlik 35-miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos, wat meer as dubbel die aanvanklike 16-miljoen-rand is. Volgens die party toon amptelike dokumente hierdie bedrag is in 2023 vir die vloot betaal. Kingsol Chabalala van die DA sê inwoners verdien om te weet waarheen die geld en voertuie gegaan het en wie die betalings goedgekeur het. Chabalala wil hê die skuldiges moet strafregtelik vervolg word:
    1 min
  • BoN internasionaal vereer by Globale Beleidsforum
    Die Bank van Namibië het twee 2026 Alliansie vir Finansiële Insluiting-toekennings by die Globale Beleidsforum in Papoea-Nieu-Guinee ontvang. Die sentrale bank het die Institusionele Leierskapstoekenning gewen, wat deur adjunk-goewerneur Leonie Dunn ontvang is, terwyl hoofekonoom Sesilia Nekwaya-Okafor die Tegniese Leierskapstoekenning vir haar werk as medevoorsitter in die finansiële insluitingsdata-werkgroep verwerf het. Die bank se woordvoerder, Naufiku Hamunime:
    1 min
  • Trump belowe dividend as Republikeine wen
    Amerikaanse president Donald Trump het 'n lang toespraak by die Republikeine se middeltermyn-konvensie in Dallas, Texas gelewer. Hy het verskeie punte aangeraak en weer sy administrasie se suksesse uitgelig. Trump is onder druk met meningpeilings wat sy goedkeuring in die lae 30's plaas en die land stem vir die Kongres vroeg in November. Hy het 'n belofte gemaak.
    1 min
  • NTB en NamPol loods “Know NTB”-veldtog
    Die Namibiese Toerismeraad het, in samewerking met NamPol en ander vennote, sy “Know NTB”-veldtog begin. Die woordvoerder van die Toerismeraad, Flora Quest, sê na die voldoeningsdatum van 31 Augustus het hulle nou van bewustheid na inspeksies en toepaslike afdwinging oorgeskakel. Sy sê die doel is om te verseker dat toerismebesighede 'n geldige registrasie vir hul bedrywighede handhaaf, heffingsopgawes indien en uitstaande toerismeheffings vereffen.

    Flora Quest Donderdag
    1 min
  • Rehoboth Baster Tradisionele Owerheid verwelkom Naomi Fisch-arrestasie
    Die Kapteinsraad van die Rehoboth Baster Tradisionele Owerheid verwelkom die arrestasie en weiering van borgtog vir die herhaalde dwelmbeskuldigde Naomi Fisch. Die raad waarsku egter dat polisiëring alleen nie die onderliggende jeug-dwelmkrisis kan oplos nie. Die owerheid se Manfred Draghoender het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê plaaslike jeug erg bly kwesbaar as gevolg van hoë werkloosheid, gebrek aan werksvooruitsigte, en maklike toegang tot dwelms naby skole en huise:
    1 min
  • Ondersoeke na Maltahöhe mikroligte vliegtuigongeluk duur voort
    Ondersoeke duur voort na die mikroligte vliegtuigongeluk wat die lewe van Jan-Hendrik “Johnny” Hanekom op sy plaas, Sandrucken, in die Maltahöhe-distrik geëis het. Die vliegtuig, geïdentifiseer as V5-UCA, het na bewering neergestort terwyl dit voorberei het om te land, nadat ooggetuies gesê het dat die flappe onder sterk winddruk gelyk het of dit vou. Vliegtuigongelukondersoeker in die vervoerministerie, Herman Namene, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit nog te vroeg is om die presiese oorsaak van die ongeluk te bepaal.

    Herman Namene Donderdag
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.