Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • 6 304 GBV gevalle in 2025-'26 aangemeld
    Reaksie word ontvang op die voortgesette hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld in die land, met 6 304 gevalle wat in die 2025-'26 finansiële jaar aangemeld is. Dis is egter net aangemelde gevalle, terwyl die werklike syfers histories heelwat hoër is. 'n Afrobarometer-opname het bevind dat vier uit tien respondente glo dat huishoudelike geweld geregverdig kan word, terwyl 'n kwart sê dat dit as 'n private gesinsaangeleentheid behandel moet word. Civic+264-direkteur Ethne Mudge sê swak rapporteringskanale en mense wat geweld as kinders ervaar het, is van die redes vir lae aanmeldings. Sy het meer.
    1 min
  • SA Verbruikerskommissie herroep 2 582 Isuzu RG19-bakkies
    Oor na Suid-Afrika, en die Nasionale Verbruikerskommissie sê Isuzu Motors Suid-Afrika het 'n veiligheidsterugroep uitgereik vir 2 582 RG19-bakkies wat tussen 11 Mei en 3 Julie vanjaar in die mark beskikbaar gestel is. Volgens Isuzu is daar 'n moontlikheid dat die rempedaal se spilpunt kan loskom. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê van die voertuie is ook uitgevoer na Namibië, Botswana, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, Tanzanië, Eswatini, Uganda en Zambië:
    1 min
  • Meer as 10 000 begunstigdes se toelaes herstel
    Die maatskaplike welsyn-ministerie sê 10 066 begunstigdes se toelaes is tot dusver herstel, na 'n verifikasieproses wat 15 785 ontvangers van ouderdomspensioene en kinderwelsynstoelaes geraak het. Minister Emma Kantema het in die parlement gesê die toelaes is teruggehou oor verouderde identifikasiedokumente en begunstigdes moes hul lewensstatus verifieer. Kantema sê die ministerie werk ook nog om 'n agterstand uit te wis:
    1 min
  • Proteas gereed vir eendagreeks teen Aussies
    Krieket: Die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, sê die eendagreeks teen Australië is 'n wonderlike geleentheid vir die span om hul ritme te vind. Die snelbouler Gerald Coetzee keer terug na sy laaste eendagwedstryd vir Suid-Afrika in 2023 se Wêreldbekertoernooi. Aiden Markram, Lungi Ngidi, David Miller en Quinton de Kock het ruskans gekry tydens die reekse in Namibië. Bavuma sê hulle is gereed om een van die wêreld se beste spanne te pak:
    1 min
  • Nuwe stelsel vir beesoorplaatjies skop in
    Veeboere moet kennis te neem van 'n nuwe stelsel vir beesoorplaatjies. Die landbouministerie sê 'n nuwe nege-syfer-oorplaatjie is ingestel namate die vraag na amptelike bees-identifikasienommers groei, terwyl bestaande agt-syfer-etikette geldig bly en nie verwyder of vervang moet word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad se bemarkingsbestuurder, gesels vir meer.
    1 min
  • Vele nuwe geleenthede vir kunstenaars by NTN
    Plaaslike kunstenaars word nuwe geleenthede gebied deur die Nasionale Teater van Namibië se 2026/2027-seisoen. Belangrike geleenthede sluit in Lammie Beukes se oudisies in Windhoek op 10 en 11 September, en Lüderitz op 17 September. Die NTN doen ook 'n beroep op komponiste en kore vir die 2027 Blended Voices Koorkompetisie, met sperdatums in Oktober, terwyl akteurs in Kunene genooi word om by 'n teaterontwikkelingsinisiatief aan te sluit. NTN-woordvoerder Desiree Mentor:
    1 min
  • Fokus verskuif van waterstof na alle skoon energie
    Die Namibiese Groenwaterstofprogram het 'n strategiese verskuiwing in die land se skoon energie-agenda uitgelig na die afskop van die nuut herbenoemde Afrika-Groen Nywerheidsberaad in Swakopmund. Woordvoerder Jona Musheko verduidelik dat die byeenkoms, na twee jaar as die Groenwaterstofberaad, amptelik herdoop is om 'n breër fokus op groen industrialisering te weerspieël. Musheko sê dat die hersiene omvang verder as waterstof as 'n geïsoleerde kommoditeit beweeg, en alle groen energie as direkte drywer vir plaaslike mineraalwaardetoevoeging, mynboubedrywighede, vervoer en landbou posisioneer.
    1 min
  • Woede in VSA oor 9/11-gekoppelde sterftes
    Vrydag herdenk die VSA 25 jaar sedert die 11 September 2001 terroriste-aanvalle. In New York is byna 3 000 mense dood toe die World Trade Center se torings ineengestort het nadat vliegtuie daarin vasgevlieg het. Maar 'n herrie het losgebars oor die nuus dat meer mense gesterf het aan siektes wat veroorsaak is deur die giftige lug en stof, met ramings wat 5 000 sterftes oorskry. Slagoffers sterf aan respiratoriese siektes, hartsiektes en long- of bloedkanker wat gekoppel is aan die puin en gifstowwe op die toneel. Die New York-burgemeester, Zohran Mamdani.
    1 min
  • Gebedsdag sal nie land se probleme oplos: Kamwanyah
    Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah bevraagteken die waarde van die nasionale Gebedsdag op Saterdag, 12 September en voer aan dat hoewel gebed geestelike en morele welstand kan versterk, dit nie op sigself die land se diep sosio-ekonomiese uitdagings kan oplos nie. Kamwanyah sê praktiese intervensies is nodig om armoede, werkloosheid, geslagsgebaseerde geweld, geestesgesondheid en selfdood aan te pak. Hy het meer.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.