Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Namport skenk N$2,68m aan Oshikoto-streek vir boorgate
    Die Oshikoto-streek se planne om boorgate in veral klein nedersettings te rehabiliteer en installeer is nou 2,68 miljoen Namibiese dollar sterker. Dit, na ‘n reuse skenking aan die streek deur Namport. Sy uitvoerende hoof, Andrew Kanime, sê in ‘n droë land soos Namibië vorm watersekerheid die fondasie van alledaagse lewe.
    1 min
  • Iran kap sy verwysing na VN Veiligheidsraad
    Iran veroordeel die Internasionale Atoomenergie-agentskap se besluit oor sy beweerde versuim om aan kernverpligtinge te voldoen. Die raad van goewerneurs van die Verenigde Nasies se kernwaghond het Teheran na die VN-Veiligheidsraad verwys omdat hy versuim om toegang tot sy voorraad kernmateriaal te verleen vir inspeksie. Die voorstel is deur Amerika, Frankryk, Brittanje en Duitsland opgestel. Iran se ambassadeur by die VN, Reza Najafi, sê dis onder politieke druk van Amerika aanvaar:
    1 min
  • Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak gaan Woensdag voort
    Die korrupsiesaak teen die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal Woensdag hervat in die Hooggeregshof in Pretoria. Henry Mamothame van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie sê dis uitgestel nadat haar regsverteenwoordiger 'n mediese sertifikaat ingedien het. Mapisa-Nqakula staan tereg op talle aanklagte van korrupsie en geldwassery. Mamothame sê sy word daarvan beskuldig dat sy 4,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand se omkoopgeld geëis het toe sy verdediging-minister was - 2,1-miljoen-rand daarvan in kontant:
    1 min
  • Sportkommissie ontplooi professionele afrigters in vyf streke
    Die Namibiese Sportkommissie het 'n assesseringstoer van vyf streke afgesluit om infrastruktuurbehoeftes op grondvlak te evalueer en plaaslike afrigters op te gradeer. Woordvoerder Givean Samulandela sê dat die kommissie professionele afrigters oor vyf sportkodes, insluitend boks, sokker en netbal, ontplooi het om talent te identifiseer en basiese toerusting aan streeksrade te skenk. Hy het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee:
    1 min
  • Gemeenskappe moet help in stryd teen dwelms: NamPol
    NamPol doen 'n beroep op gemeenskappe landswyd om by die stryd teen die groeiende handel en gebruik van onwettige dwelms aan te sluit. Dit kom nadat die polisie in Augustus op 395 435 kilogram dagga, 428,25 Mandrax-tablette en 83 eenhede crack-kokaïen beslag gelê het. Die polisie het ook 183 verdagtes in hegtenis geneem. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi:
    1 min
  • Enersense se groen kunsmis kry US$3,6 miljoen belofte
    Klimaatfondsbestuurders se SDG Namibia One het tot 3,6 miljoen Amerikaanse dollar belowe om Enersense Energy Namibia se 40 megawatt, Dâures groenwaterstof-gebaseerde kunsmisprojek in die Erongo-streek te bevorder. Kommersiële bedrywighede word geteiken vir die eerste kwartaal van 2030. Direkteur vir die Groen Ooreenkoms by die Europese Unie-kommissie, Erica Gerretsen, sê die loodsprojek sal na verwagting Namibië se eerste plaaslik vervaardigde groen kunsmis voor die einde van die jaar produseer.
    1 min
  • Hare waai in NV oor beweerde korrupte Telecom-kontrak
    Parlementslede het gebots oor beweerde korrupte, ongeadverteerde inkomstedelingskontrakte by Telecom Namibia wat gekoppel is aan 'n lening van 400 miljoen Namibiese dollar. AR-leier Job Amupanda beweer dat twee private maatskappye op 2 Junie 2026 in die geheim kontrakte toegeken is, wat tot 70 persent van pakketinkomste in beslag geneem het. IKT-minister Emma Theofelus ontken enige kennis van die ooreenkoms en daag Amupanda uit om die dokumente in die openbaar vry te stel sodat die ministerie ondersoek kan instel.
    1 min
  • Eben kan nie wag vir riller-toets teen All Blacks
    Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê Saterdag se vierde en laaste toets teen die All Blacks in Baltimore gaan 'n riller-stryd wees, want hulle wil die reeks drie-een beklink. 'n Nederlaag sal dit gelykop laat eindig. Die 34-jarige Etzebeth sal sy rekord vir die meeste Springbok-toetse tot 146 verhoog. Hy kan nie wag vir die geleentheid om die reeks te wen nie, maar besef dit gaan 'n taai stryd wees:
    1 min
  • Namibian Lives Matter eis aksie langs Botswana-grens
    Die Namibian Lives Matter-beweging wil die uitvoerende gesag aanspreeklik hou vir die implementering van parlementêre aanbevelings om Namibiërs, veral in die Zambezi-streek, langs die Botswana-grens te beskerm. Voorsitter Sinvula Mudabeti sê dat beide die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad resolusies aangeneem het wat sekuriteit en diplomatieke ingrypings versoek. 'n Belangrike punt van hierdie aanbevelings is die vestiging van 'n sekondêre Namibiese konsulêre kantoor in Kasane, Botswana. Mudabeti het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.