Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • FNB Eagles pak Suid-Afrika in internasionale reeks
    Namibië pak Suid-Afrika in 'n drie-wedstryd eendag-internasionale reeks wat vandag by die Namibië Krieketveld in Windhoek begin. Die FNB Eagles sal probeer om voort te bou op hul onlangse T-20 vertonings teen die Proteas wanneer die twee spanne vir die heel eerste keer in die 50-beurte formaat ontmoet. Die eerste wedstryd begin vanoggend om half-tien, met wedstryde ook geskeduleer vir Vrydag en Sondag. Krieket Namibië se president Rudi van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
    1 min
  • Sjef van die Jaar-kompetisie die week in Windhoek
    Die Namibiese Sjefsvereniging bied hierdie week op 10 en 11 September sy 2026 Sjef van die Jaar-kompetisie aan. Die intense, tweedaagse kookgeleentheid sal by die NUST Hotelskool in Windhoek plaasvind, waar die land se beste kulinêre denkers bymekaarkom om hul vaardighede, kreatiwiteit en spoed onder druk te vertoon. Die woordvoerder van die vereniging, Sanet Prinsloo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Owerhede ondersoek steeds die oorsaak van dood van duisende sardyne
    Owerhede ondersoek steeds die oorsaak van dood van duisende sardyne wat verlede week langs die sentrale kus uitgespoel het. Wetenskaplikes in Suid-Afrika ondersoek ook soortgelyke visvrektes en owerhede het reeds vasgestel dat 'n uitbreking van sardynherpesvirus, of HPV, onder Wes-Kaapse sardynskole vir vrektes daar verantwoordelik was. Dit is dieselfde virus wat in die 1990's 'n ineenstorting van Australië se sardynvoorraad veroorsaak het. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat resultate binne twee weke beskikbaar kan wees.
    1 min
  • Nampu eis onmiddellike bedanking van NMT uitvoerende hoof
    Die Namibiese Persunie, Nampu, het die onmiddellike bedanking van Wolfram Jauss, uitvoerende hoof van die Namibia Media Trust, geëis na bewerings van personeelteistering, onbehoorlike toesig en teen-vakbondviktimisasie by The Namibian. Nampu se sekretaris-generaal, Jemima Beukes, sê dat 'n interne e-pos wat deur Jauss gestuur is, dreigemente van arbitrêre dissiplinêre optrede bevat en erken dat individue aangestel is om joernaliste in die geheim te monitor en te fotografeer. Die vakbond waarsku dat 'n klimaat van vrees en intimidasie in die werkplek persvryheid direk ondermyn. Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

    Jemima Beukes Woensdag
    1 min
  • Israel woedend oor VK sanksies teen onwettige nedersettings in Wesoewer
    Israel het woedend reageer op die Verenigde Koninkryk wat sanksies teen onwettige Israeliese nedersettings in die besette Wesoewer aangekondig het, en Israel se regering daarvan beskuldig het dat hy hom blind hou vir die "etniese suiwering" van Palestyne deur setlaars. Israel se buitelandse sake-minister, Gideon Saar, het gesê sy Britse eweknie, Ed Milliband, versprei 'n "verregaande leuen" en teenmaatreëls aangekondig, insluitend die sluiting van die VK se konsulaat in Oos-Jerusalem. Die sanksies is geloods saam met Frankryk en Kanada, wat in 'n gesamentlike verklaring met die VK sê die optrede "merk 'n verdere keerpunt in ons benadering tot die beskerming van die twee-staat oplossing". Die BBC se Midde-Ooste korrespondent, Lucy Williamson, berig uit Israel.
    1 min
  • Gerson Sindano nuwe ECN voorsitter
    Die benoeming van Gerson Sindano as voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië is in die parlement goedgekeur. Al die opposisiepartye behalwe die United Democratic Front het weer uitgestap na 'n dispuut oor of die Huis 'n debat oor die benoemings moet hervat, of moet voortgaan vanaf die punt waar verrigtinge tydens 'n vorige sitting gestaak is. Daardie sitting is gestaak nadat die opposisie ook uitgestap het en daar nie 'n kworum was nie. Sindano se nominasie is met 49 stemme goedgekeur, nadat die voorsittende beampte, Phillipus Katamelo, beslis het dat die Huis moet voortgaan vanaf die punt waar verrigtinge in die stemstadium geëindig het. Luister self.
    1 min
  • Sleutelsektore wat werk skep gaan agteruit: Bosa
    Build One South Africa sê sleutelsektore wat werksgeleenthede skep, kry swaar. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die ekonomie in die tweede kwartaal met 0,2-persent gekrimp. Handel, spyseniering en verblyf het met 1,9-persent gedaal, vervaardiging met 1,8-persent en mynbou met drie-persent. Bosa se leier, Mmusi Maimane, sê die regering van nasionale eenheid het ekonomiese groei en bestendigheid beloof, maar ekonomiese agteruitgang lei tot minder werksgeleenthede, minder beleggings en groter druk op huishoudings:
    1 min
  • Stralerbrandstof-voorrade terug na normaal
    Voorrade van stralerbrandstof by Hosea Kutako Internasionale Lughawe het na normale vlakke teruggekeer na suksesvolle kwaliteitstoetsing. Die Namibiese Lughawensmaatskappy het bevestig dat primêre verskaffers Vivo Energy Namibia en Puma Energy nou voldoende hoeveelhede brandstof aanhou om aan die gereelde vraag van lugrederye te voldoen. Woordvoerder Dan Kamati het belanghebbendes verseker dat voldoende reserwes verseker is, met die maatskappy wat voortgaan om met reguleerders en verskaffers saam te werk om voortgesette vlugbedrywighede te beskerm.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.