Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Weerdiens verwag reën
    Verspreide buie, en ligte reënval sowel as koeler, winderige toestande word verwag namate 'n bolugstelsel vanuit die noordweste oor die land inbeweeg. Albertina Anderson, 'n meteoroloog by die weerdiesn, sê reënaktiwiteit sal meer prominent wees in die noordelike, sentraal-noordelike en Erongo- en Kunene-streke.
    1 min
  • DRK se staatsmaatskaplike fonds dagvaar plaaslik in N$40m-saak
    Die Demokratiese Republiek van die Kongo se staatsmaatskaplike fonds het Standard Bank, die logistieke maatskappy van Luther Mostert, Daron Namibia, en die Swapo-gekoppelde Hodago Fishing hof toe gesleep oor 'n beweerde bankoortreding. Volgens hofstukke spruit die geskil uit 'n gesamentlike onderneming wat laat in 2025 gestig is vir ‘n maasbanker kwota.
    1 min
  • Ekonome waarsku oor kostes rakende NamRA-nakoming
    Ekonoom Gabriel Erastus waarsku dat NamRA se komende Finansiële Sekuriteitsraamwerk-loodsprojek by Walvisbaai ernstige kontantvloei-druk op plaaslike invoerders kan plaas, en kleiner besighede uit markmededinging kan dryf. NamRA het aangekondig dat handelaars wat die ASYCUDA World-stelsel gebruik, van 1 Desember vanjaar tot 28 Februarie volgende jaar kontant, effekte of bankwaarborge moet indien voordat ongeverifieerde goedere vrygestel kan word. Die doel is om onderbetaling van belasting te voorkom. Erastus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Türk waarsku oor KI
    Die Verenigde Nasies se Menseregte-hoof, Volker Türk, waarsku dat kunsmatige intelligensie ʼn “bestaansrisiko vir die mensdom” kan word as dit nie beheer word nie. Hy sê KI-stelsels kan so magtig word dat hulle ontwikkelaars dit nie meer kan beheer nie. Türk het ook kommer uitgespreek oor die gebruik van KI in oorlogvoering, veral in die ontwikkeling van wapens wat sonder menslike ingryping dodelike besluite kan neem. Hy sê lande moet saamwerk om duidelike grense te stel:
    1 min
  • Beroepe vir beter bestuur by Onderstepoort na entstof-herrie
    Die Vereniging van Staatsamptenare vra bestendigheid en goeie bestuur by Onderstepoort Biologiese Produkte, na die skorsing van die liggaam se waarnemende uitvoerende hoof, Jacob Modumoh. Dit volg na bewerings van wangedrag rondom die prysbepaling van bek-en-klouseer-entstowwe deur die plaaslike entstofvervaardiger. Claude Naicker van die vakbond sê die publiek se vertroue in die vervaardiger asook die vertroue van werknemers, boere en ander belanghebbendes moet deur deursigtige en verantwoordelike bestuur gehandhaaf word:
    1 min
  • Jhb moet kragonderbrekings dringend aanspreek - DA
    Die DA sê voortdurende kragonderbrekings in Johannesburg plaas huishoudings en ondernemings onder druk. Volgens die party het sommige gebiede, insluitend die Johannesburgse middestad, Lombardy, Kew en Gresswold, onderbrekings van etlike dae verduur. Hy blameer swak bestuur, verouderende infrastruktuur en mislukkings deur premier Panyaza Lesufi se regering. Nico de Jager van die DA doen 'n beroep op beter sekuriteit en instandhouding van substasies om herhaalde kragonderbrekings te voorkom:
    1 min
  • GRN se digitale stelsels sal landelike jeug help, mits...
    Die Namibiese Organisasie van Jeug met Gestremdhede sê die regering se nuwe digitale assesseringstelsel kan die vervoer- en finansiële laste vir landelike jeug aansienlik verlig, mits landelike gesondheidsinfrastruktuur voldoende opgegradeer word. Woordvoerder Otto Gottlieb sê die belyning van digitale rekords kan kwesbare gesinne duisende in reis- en verblyfkoste bespaar. Gottlieb waarsku egter dat die blote skuif van papierprosesse na aanlyn sal misluk tensy landelike klinieke toegerus is met betroubare internetverbinding, hardeware en opgeleide personeel. Gottlieb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • AfriForum staan Eskom se 8,8% verhoging teen
    AfriForum beplan om Eskom se voorgestelde gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van ongeveer 8,8-persent vir 2027/2028 teen te staan. Die organisasie gaan formele besware by die energiereguleerder, Nersa, indien, en sê verbruikers moet nie vir onnodige of ondoeltreffende koste betaal nie. Morné Mostert van AfriForum sê verbruikers sukkel reeds met stygende lewenskoste en hoë elektrisiteitspryse, terwyl ondernemings die voorgestelde verhoging kan bekostig:
    1 min
  • Stad Whk gaan voort met wettige uitsettings vir Havana 4-way
    Stad Windhoek is besig met die wettige uitsetting van 71 huishoudings wat weerstand bied teen hervestiging, wat die voltooiing van die Havana vierrigting-kruising en 'n behuisingsprojek van 172 miljoen Namibiese dollar vertraag. Tydens 'n parlementêre toesigbesoek het die munisipaliteit gesê dat terwyl byna 100 huishoudings na uitbreidings 8 en 11 verskuif het, oorblywende strukture en informele handelaars steeds padwerke en markkonstruksie belemmer. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dienste reeds in hervestigingsgebiede operasioneel is.
    1 min
  • Healey sê nee vir belastingverhogings te midde van reuse skuld
    Die Britse minister van Finansies, John Healey, sê hy gaan nie belastingverhogings in volgende maand se begroting uitsluit nie, en erken die staat se leenkoste is op 'n "geskiedkundige hoogtepunt". Die land se langtermyn-staatsleenkoste het verlede week 'n 18-jaar hoogtepunt bereik te midde van die uitwerking van die VSA-Israelse oorlog, wat die olieprys nader aan 100 Amerikaanse dollar per vat gestoot het. Healey sê die topprioriteit is om sterker groei regoor Brittanje te ondersteun terwyl die regering se fiskale reëls streng toegepas word:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.