Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • IPC bemagtig jeug binne party
    Die IPC se nasionale jeugleier, Michael Mwashindange, sê die party het doelbewus tradisionele "jeugligas" vermy en eerder gekies vir 'n strukturele beleid wat jongmense 'n 50 persent verteenwoordiging oor party- en regeringsleierskaprolle waarborg. Hy sê dat jong leiers in die party gelyke mededingsmagte kry. Hy voeg by dat die party voortdurend sy interne beleide hersien om te verseker dat jongmense die kern in besluitneming bly en plaaslike regeringshervorming aktief dryf. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Neem deel aan Namibiese Erfenisweek, dis vir almal
    Die Museumvereniging van Namibië vra almal om deel te neem aan die komende Erfenisweek, wat van 14 tot 20 September sal plaasvind. Die vereniging se direkteur, Aaron Nambadi, sê dat Erfenisweek dien as 'n kritieke nasionale platform om tradisies te eerbiedig, sosiale en geografiese grense te oorbrug, en kulturele kennis aan toekomstige geslagte oor te dra. Hy het by die bekendstelling van Erfenisweek gepraat.
    1 min
  • MUN soek insette in mynbeleid, mynlisensies en beleggings
    Die Mynwerkersunie van Namibië doen 'n beroep op groter werkersverteenwoordiging in mynbeleid en beleggingsbesluite, insluitend die uitreiking van mynlisensies. Die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle ingesluit moet word in kritieke driepartyforums, immigrasiekeuringsrade en hoëvlak-gesprekke tussen voornemende beleggers en die myneministerie voordat mynlisensies uitgereik word.
    1 min
  • Koalisie verwelkom 'nee' vir VSA-gesondheidooreenkomste
    Die toegang tot inligting-koalisie, Action Coalition Namibia, het die regering se besluit verwelkom om voorgestelde "Amerika Eerste" bilaterale gesondheidshulpooreenkomste met die VSA te verwerp, met verwysing na kommer oor soewereiniteit. Die ooreenkomste vereis dat lande wat Pepfar MIV/Vigs-bystand ontvang, uitgebreide gesondheidsdata, toegang tot digitale infrastruktuur en biologiese monsters moet verskaf. Koalisievoorsitter Frederico Links sê Namibië moet sy datasoewereiniteit beskerm, veral omdat daar geen duidelikheid is oor hoe hierdie data gebruik sal word nie.
    1 min
  • Ferrari kort wedyweringsreëls, sê Hamilton
    Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê Ferrari het wedyweringsreëls nodig. Die Brit was in die vierde wegspring-posisie in die Italiaanse Grand Prix, maar sy spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, het in die eerste ronde teen hom gebots. Leclerc moes later onttrek. Hamilton was sesde en is nou 76 punte agter die kampioenskaps-voorloper, die Italianer Kimi Antonelli van Mercedes. Hamilton sê dis nou te laat om hom voorkeur te gee:
    1 min
  • Kavango-Wes het nul begroting vir kantore, moet ten duurste huur
    Fransiska Hamutenya, streeksgesondheidsdirekteur van Kavango-Wes, sê dat die streek jaarliks tot 3 miljoen Namibiese dollar aan gehuurde kantoorruimtes bestee, danksy geen begroting vir permanente fasiliteite in die huidige boekjaar nie. Hamutenya het verduidelik dat belangrike administratiewe liggame, insluitend die Ncamagoro-distrikskantoor, gedwing word om vanuit Rundu te werk eerder as by hul aangewese poste by die Mile 30-kliniek weens ernstige tekorte aan akkommodasie en infrastruktuur. Sy het hierdie bedryfstruikelblokke geopper tydens 'n besoek deur die adjunk-gesondhiedminister, Suzan Ndjaleka, en opgemerk dat 'n klein konstruksietoekenning van 2 miljoen Namibiese dollar slegs vir die 2027/28-boekjaar beplan is, wat plaaslike gesondheidsbestuur sterk afhanklik maak van gehuurde persele.
    1 min
  • Genoeg getuienis om oud-speaker te vervolg, sê hof
    Die Hooggeregshof in Pretoria het die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se aansoek om ontslag ingevolge Artikel 174 van die Strafproseswet van die hand gewys. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Mapisa-Nqakula het na bewering omkoopgeld van 4,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die Weermagkontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu ontvang terwyl sy minister van Verdediging was. Regter Mashudu Munzhelele het bevind die staat het voldoende getuienis voorgelê:
    1 min
  • Staak korrupsie, stambande in aanstellings: Ngurare
    Eerste minister Elijah Ngurare het vanoggend tydens die opening van die staatsdiens se jaarlikse menslike hulpbronkonferensie 'n streng waarskuwing gerig teen korrupte aanstellingspraktyke en stamgebondenheid. Ngurare het verwys na ontstellende bewerings dat sommige werksoekers se ouers gedwing word om met vee te betaal sodat hulle regeringsposisies kan bekom.
    1 min
  • Oekraïne en Rusland moet saam oplossing bereik
    Die president van Oekraïne,Volodymyr Zelensky, sê hy wil billike vrede hê sonder enige hernude aggressie deur Rusland. Hy het gister met die Amerikaanse president Donald Trump se topgesante, Steve Witkoff en Jared Kushner, in Kiëf vergader, nadat hulle Saterdag die Russiese president Vladimir Putin ontmoet het. Zelensky sê sy land moet sy eie teen-ballistiese stelsel ontwikkel, aangesien Moskou sy ballistiese missielaanvalle teen Kiëf verskerp het. Witkoff sê Rusland en Oekraïne moet 'n gesamentlike oplossing bereik om die oorlog te beëindig:
    1 min
  • Vinnige optrede teen BKS-entstofpryse verwelkom
    Die DA het die minister van Landbou, Willie Aucamp, geloof vir sy vinnige optrede teen bewerings oor bek-en-klouseer-entstowwe se pryse. Dit volg nadat Onderstepoort Biologiese Produkte se raad sy waarnemende hoof, Jacob Modumo, voorlopig geskors het. Volgens GroundUp het Onderstepoort bek-en-klouseer-entstofdosisse van Biogénesis Bagó in Argentinië aangekoop teen 45-Suid-Afrikaanse rand, maar dit verkoop teen tussen 70-rand en 130-rand. Desiree van der Walt van die DA sê Suid-Afrika kan nie buitensporig vasgestelde entstofpryse bekostig nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.