Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Wapengeweld neem toe
    Die Namibiese polisiemag het sy jaarlikse September-vuurwapenamnestiemaand van stapel gestuur onder die Afrika-Unie se Silencing the Guns-inisiatief, wat immuniteit teen vervolging verleen aan enigiemand wat onwettige wapens, ammunisie of wapentuig oorhandig. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga het gesê die polisie het tussen September 2025 en Junie vanjaar 20 moorde met vuurwapens, 261 gewapende rooftogte en 176 gevalle van onwettige vuurwapenrig regoor die land aangeteken. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Regering vervreem hom van VSA - Mudge
    Reaksie word ontvang na die diplomatieke drama oor die naweek, toe die Amerikaanse ambassadeur John Giordano toegang tot die Nasionale Visserye Indaba geweier is. Hy was blykbaar nie genooi nie en dit was ‘n betaalde geleentheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die Republikeinse Party-president Henk Mudge gepraat, wat sê dat hoewel geen ambassadeurs na die geleentheid genooi is nie, daar nietemin 'n merkbare vervreemding van die VSA deur die huidige regering is.
    1 min
  • Lof vir Aucamp met BKS-enting
    Die landbou-organisasie TLU SA sê hulle is tevrede met die minister van Landbou, Willie Aucamp, se benadering en verbintenis tot die transformasie van die landbousektor. Die regering en die privaat sektor het saamgewerk om meer as 23-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof in te voer, met elke kommersiële melkkoei in Suid-Afrika wat reeds 'n eerste dosis entstof ontvang het. Bennie van Zyl van TLU SA sê daar is steeds 'n paar beleidskwessies wat die minister moet aanspreek:
    1 min
  • ANC en Verkiesingskommissie-geskil sal kommissie se geloofwaardigheid toets
    Die Activists and Citizens Forum sê die kandidaatregistrasiegeskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie sal die kommissie se geloofwaardigheid toets. Die ANC hou vol dat hulle hul kandidaatlyste betyds ingedien het, maar tegniese probleme ondervind het. Die OVK ontken enige stelselprobleme, maar die ANC eis 'n ondersoek en het gedreig om die Verkiesingshof te nader. Woordvoerder Dennis Bloem sê die OVK se geloofwaardigheid moet beskerm word:
    1 min
  • Konstruksiesektor omder nuwe minimumlone en diensvoorwaardes
    Konstruksiewerkers en hul werkgewers werk nou onder nuwe minimumlone en diensvoorwaardes. Die arbeidministerie sê die veranderinge het op 1 September in werking getree na die publikasie van 'n regeringskennisgewing wat 'n kollektiewe ooreenkoms tussen die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië en die Metaal- en Geallieerde Namibiese Werkersunie na die hele konstruksiebedryf uitbrei. Die ministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, sê die ooreenkoms is vir twee jaar van krag.

    Jeremia Namalenga Maandag
    1 min
  • Selfdood die 2de grootste sterfte-oorsaak onder 15-29-jariges
    Die operasionele direkteur van die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, Cassey Chambers, het 'n beroep gedoen op vinnige optrede om selfdood aan te spreek. September word tans as Seldoodvoorkomingsmaand erken. Chambers sê in 'n onderhoud met die SABC selfdood is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder 15- tot 29-jariges, terwyl mans ongeveer 80-persent van die syfer uitmaak. Sy het beklemtoon dat onbehandelde depressie en finansiële druk van die bydraende faktore is, en versoek mense om hulp te soek:
    1 min
  • Lof vir African Peer Review Mechanism in Oshana
    Die African Peer Review Mechanism het 'n streekskonsultasie in Oshakati gehou om die land se vordering met regeringsaanbevelings oor sleutelgebiede, insluitend sosio-ekonomiese ontwikkeling en jeugwerkloosheid, te beoordeel. Oshana-goewerneur Hofni Iipinge het die meganisme geprys vir die dryf van verantwoordbaarheid en beleidsaksie, sedert Namibië nege jaar gelede aangesluit het. Iipinge het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n direkte uitkoms van vorige oorsigte, wat wys hoe nasionale regeringsassesserings in streeksvordering omgeskakel word.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.