Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Witkoff en Kushner gesprekke met Zelensky "suksesvol"
    Die Amerikaanse gesante, Steve Witkoff en Jared Kushner, sê hulle het betekenisvolle, omvangryke gesprekke met Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, gevoer. Sondag se vergadering volg ná die gesante se drie uur lange onderhandelings Saterdag in Moskou met die Russiese president, Vladimir Putin. Zelensky en Putin het ingestem om drie dae lank aanvalle op mekaar se hoofstede te staak, terwyl die bemiddelaars hul reis voortsit. Kushner, president Donald Trump se skoonseun, sê die president is vasbeslote dat die oorlog moet eindig:
    1 min
  • Kommer oor misdaad toeneem in Honeydew, Gauteng
    Die Gautengse Wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in misdaad in Honeydew, wat as die provinsie se swakste polisiestasie aangewys is. Moord het met elf-persent toegeneem, seksuele oortredings met 22-persent en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 26-persent. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê bendegeweld vererger onsekerheid. Hy sê die komitee sal 'n Gemeenskapsveiligheids-Imbizo byeenroep om dringende ingryping te ontwikkel en aksie te eis:
    1 min
  • Kimi vat sy tuiswedren
    Die kampioenskapsvoorloper Kimi Antonelli het vir opwinding gesorg en sy tuiswedren, die Italiaanse Grand Prix, gewen nadat as gevolg van strafpunte vir 'n nuwe enjin, die wedren uit die 19de wegspringplek begin het. Die 20-jarige Antonelli is die eerste Italianer sedert 1966 om by Monza te wen. Sy Mercedes-spanmaat George Russell moes met die tweede plek tevrede wees en het die podim gedeel met Max Verstappen van Red Bull wat derde was. Antonelli is nou 66 punte voor Russell in die stryd om die wêreldtitel. Hy sê hy fokus nou van een wedren na die ander:
    1 min
  • Witkruisprojek vind 25 en 25 September in Washington plaas
    Die Lex Libertas Witkruisprojek is geskeduleer vir 25 en 26 September in Washington, D.C., om krisisse in Suid-Afrika uit te lig. Ongeveer 3 000 wit kruise sal op die National Mall geïnstalleer word om slagoffers van plaasaanvalle te herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gepraat vir 'n opdatering:
    1 min
  • Varkprodusente vergader die week
    Die Varkprodusentevereniging van Namibië se jaarlikse algemene vergadering en inligtingsdag vind plaas op Woensdag, 9 September by die NLU-raadsaal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met verenigingslid Ranga Haikali gepraat, wat boere nooi om aan te sluit en sake rakende die plaaslike varkbedryf te bespreek, sektoropdaterings te ontvang en met belanghebbendes en mede-produsente te netwerk.
    1 min
  • Dowes eis inklusiewe aanstelling, ontplooiing van gebaretolke
    Die gehoorgestremde gemeenskap het 'n beroep op regeringsinstellings gedoen om dringend van beleidsformulering na direkte dienslewering oor te skakel gedurende die Bewustheidsmaand vir Gehoorgestremdes. Die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Vereniging van Gehoorgestremdes, Angelica Massango, sê dat ware vordering met die Hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid toegewyde staatsbegrotings, streng tydlyne en duidelike institusionele verantwoordbaarheid vereis. Massango het alle sektore aangespoor om inklusiewe aanstellings af te dwing, gekwalifiseerde gebaretaaltolke te ontplooi. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • LPM werk hard om jeug te betrek
    Die LPM se nasionale jeugleier, Duminga Ndala, sê die groeiende ontnugtering onder jong Namibiërs word gedryf deur onvervulde politieke beloftes, beperkte jeugdeelname aan besluitneming en verergerende ekonomiese uitdagings. Ndala sê werkloosheid, honger en probleme met toegang tot befondsing maak dit moeiliker vir jongmense om betekenisvol aan burgerlike en politieke prosesse deel te neem. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe die LPM dit hanteer:
    1 min
  • SA se dieselprys kom vir jou sak - kenner
    Namibië staar hoër inflasie van ingevoerde voedsel in die laaste kwartaal van die jaar in die gesig ná 'n massiewe brandstofprysstyging in Suid-Afrika, waar diesel met tot 3 Suid-Afrikaanse rand en 15 sent per liter gestyg het. Landboukundige Kobus Laubscher waarsku dat omdat Namibië swaar staatmaak op Suid-Afrikaanse landbou-invoere en basiese kommoditeite, plaaslike verbruikers die domino-effek van hoër produksie-, verwerkings- en vragkoste sal absorbeer. Laubscher het beklemtoon dat hoër dieselkoste 'n kumulatiewe vertraging in die voorsieningsketting skep, wat beteken dat die onmiddellike brandstofskok op Suid-Afrikaanse plase en vervoerkorridors Namibiese supermarkrakke in die komende maande sal tref. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Vyf dood in Miami toe vragvliegtuig aanloopbaan verlaat
    Vyf mense is dood nadat ʼn Amazon-vragvliegtuig van die aanloopbaan gery en aan die brand geslaan het toe dit op die Miami Internasionale Lughawe probeer land het. Vyf ander is beseer waarvan drie in ʼn bedenklike toestand is. Die Amazon Air-vragvliegtuig is een van meer as 250 vragvliegtuie wat die e-handelreus daagliks gebruik om klante se pakkies te vervoer. Die hoof van Miami-Dade-brandweerdiens, Raied Jadallah, sê die nasionale vervoer-veiligheidsraad het ʼn span aangewys om die voorval te ondersoek:
    1 min
  • Ramaphosa vereer SAPD-lede wat aan diens dood is
    President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid. Hy het gevra vir sterker gemeenskapsbetrokkenheid in die bestryding van misdaad, en hy ondersteun die SAPD se "Dink Eers – Tree Veilig Op" Polisieveiligheidsaksieplan:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.