Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Uitspraak voorbehou in Sandton-onderwyseres se moord
    Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die moordverhoor van Bafana Mahungela, wat daarvan beskuldig word dat hy die Sandton-onderwyseres Kirsten Kluyts vermoor het. Kluyts is in Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ’n atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die Staat beweer sy is aan stompkragtrauma en verwurging dood. Mahungela staan tereg op aanklagte wat onder meer ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en poging tot verkragting insluit. NPA-woordvoerder Magaboke Mohlatlole sê die hof het die saak tot 11 September uitgestel.
    1 min
  • Voedselarmoede vereis hoër staatshulp
    Die GOOD Party sê die jongste syfers oor voedselarmoede beklemtoon die ontoereikendheid van die maatskaplike verligtingstoelaag van 370 rand. Die party voer aan die toelaag is heelwat laer as die maandelikse bedrag van 868 rand wat nodig is om in 'n volwassene se basiese daaglikse voedselbehoeftes te voorsien. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron doen 'n beroep op die vervanging van die SRD-toelaag met 'n basiese inkomstetoelaag van minstens 1 457-rand om miljoene werklose Suid-Afrikaners te help om in hul basiese behoeftes te voorsien:
    1 min
  • Waterkrisis: Omatako-dam byna leeg
    NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata het 'n dringende waarskuwing aan verbruikers langs die Omatako-Von Bach-pyplyn uitgereik aangesien die Omatako-dam bykans leeg is. Hy sê dat die laaste oorblywende toeganklike water uit die dam onttrek word, en dat dit hoogstens vir een tot twee weke volgehou kan word. Terwyl noodreserwes binne die Kombat-Berg Aukas-kompleks bestaan, sal NamWater dit terughou om die watervoorrade in die sentrale gebied teen komende El Niño-droogtetoestande te beskerm. Hy het meer:
    1 min
  • Gauteng vat gekaapte huise terug
    Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset - onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en Danville. Woordvoerder Tahir Sema sê die DA ignoreer die optrede wat reeds plaasvind om projekte te hanteer wat deur sindikate gekaap is:
    1 min
  • Namibië vra VN vir totale kernontwapening
    Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Penda Naanda, het dringende wêreldwye optrede versoek om kerntoetse te beëindig en totale kernontwapening te versnel. Naanda het tydens 'n hoëvlak-vergadering van die VN se algemene vergadering in New York gewaarsku dat toenemende geopolitieke spanning en die modernisering van kernwapens wêreldwye veiligheid bedreig. Dit kom terwyl Namibië voorberei om geskiedenis te maak as die eerste Afrika-nasie wat die Omvattende Kerntoetsverbod-verdragsorganisasie se Geïntegreerde Veldoefening van 5 Oktober tot 20 November sal aanbied.
    1 min
  • Dis hoe CAN Kankerappel-projek se fondse sal benut
    ‘n Appel ‘n dag sê hulle! In die geval, bring hy dalk die nodige dokter nader. Die bekende Kankerappel-projek van Bank Windhoek, ter ondersteuning van die Namibiese Kankervereniging, het ‘n rekord 4 miljoen Namibiese dollar vanjaar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof, Rolf Hansen gesels.
    1 min
  • Brand by Westelike Verbypad 'nie veldbrand'
    Die Stad Windhoek-brandweer het bevestig dat 'n vuur wat tans in Baboon City, die informele nedersetting teenoor die Westelike Verbypad tussen Pionierspark en Unam brand, nie 'n veldbrand is nie. Die departement sê dit brand by 'n stortingsterrein in die gebied. Senior brandveiligheidsbeampte Fillipus Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Sankwasa 'ignoreer ||Khomanin, maar nie Zambezi-geskille'
    Woordvoerder van die ||Khomanin tradisionele gemeenskap, Shaun Gariseb, het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy nie formele griewe rakende leierskapsgeskille en finansiële bestuur in hul tradisionele owerheid hersien het nie. Na 'n optog by die ministerie se hoofkwartier in Windhoek, het Gariseb gesê die minister het hul petisie ignoreer, sonder om hul griewe te ondersoek. Gariseb het Sankwasa verder daarvan beskuldig dat hy tradisionele owerheidsgeskille selektief hanteer, en beweer dat terwyl leierskapsake in die Zambezi-streek vinnige persoonlike aandag kry, kwessies rakende die ||Khomanin en ander gemeenskappe geïgnoreer word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.