Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Boere moet begin voorberei vir moeilike seisoen
    Boere word aangespoor om vroeg voor te berei vir 'n moontlike droë komende seisoen. Dit volg op waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, dr. Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en waterverbruik noukeurig beplan en ook voorberei vir die verhoogde risiko van brande. De Jager het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere betroubare weerinligting en vroeë ondersteuning nodig het om die potensiële uitdagings wat voorlê, te bestuur.
    1 min
  • Cyril moet sê oor Phala Phala-miljoene, hoor hof
    Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê president Cyril Ramaphosa kan nie verontskuldig word voor hy verduidelik wat geword het van die miljoene Suid-Afrikaanse rand wat op sy plaas, Phala Phala, gesteel is nie. Mpofu het die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegespreek, waar Ramaphosa die bevindings van die Artikel 89-onafhanklike paneel betwis. Hy sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor die instelling van 'n ampsklagkomitee het reeds bepaal daar is 'n saak waarop Ramaphosa moet antwoord:
    1 min
  • Zaamwani soek dringende optrede teen onwettige visvang
    Visseryeminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op dringende wetenskaplik-gebaseerde pogings om Namibië se visbevolkings te beskerm. Sy het by die opening van die driedaagse Nasionale Visserye Indaba in Walvisbaai gepraat. Die geleentheid is daarop gemik om verder as praatjies te beweeg en uitvoerbare en transformerende uitkomste te lewer oor kwessies wat wissel van kwotatoekenning en werkskepping tot volhoubaarheid en waardetoevoeging. Zaamwani sê miljoene in inkomste gaan jaarliks verlore as gevolg van onwettige visvang.
    1 min
  • Slangteengif uiteindelik op pad
    Sowat 200 flessies slangteengif sal na verwagting volgende week in die land aankom, na maande se waarskuwings van kundiges oor kritieke lae voorrade. Kenners het die afgelope ses maande dringende optrede versoek, maar is gefrustreerd dat beide regeringsinstellings en die privaatsektor blykbaar eers reageer wanneer voorrade byna uitgeput is, of wanneer pasiënte en mediese personeel geraak word. Kosmos 94.1 Nuus het met slangkenner Francois Theart gepraat. Hy spoor hospitale en veeartse aan om hul bestellings sonder versuim te plaas.
    1 min
  • EU verskerp Rusland-sanksies, wil Oekraïne meer help
    Die Europese Unie verskerp die afdwinging van sanksies teen Rusland en oorweeg groter steun aan Oekraïne. Die EU het sedert 2022 reeds 21 stelle sankies teen Moskou ingestel, gemik op die finansiële, energie- en die handelsektore. Die visepresident van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, sê die EU-ministers van Buitelandse Sake oorweeg dit om gevriesde Russiese bates te gebruik om Oekraïne te ondersteun en strenger visumbeperkings op Russiese toeriste te stel:
    1 min
  • Activists and Citizens Forum vra meer geld vir Madlanga-kommissie
    Die Activists and Citizens Forum doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om meer fondse beskikbaar te stel en die werksaamhede van die Madlanga-kommissie te verleng. Van die 147-miljoen Suid-Afrikaanse rand waarvoor aanvanklik begroot is, is 123-miljoen-rand reeds bestee, terwyl bykomende befondsing gesoek word. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Ramaphosa kan nie vir Suid-Afrikaners vertel daar is nie geld vir die kommissie nie, terwyl 700-miljoen-rand beskikbaar was vir die Nasionale Dialoog, en ʼn verbysterende 600-miljoen-rand om die betogings teen immigrante vir een dag dop te hou:
    1 min
  • Nog 'n pluimpie vir Meatco se leerlooiery
    Meatco se Okapuka-leerlooiery het sy jongste omgewings-, sosiale en bestuursoudit deur die Sustainable Leather Foundation geslaag, wat sy status as 'n leier in verantwoordelike leerproduksie versterk. Die fasiliteit transformeer plaaslik verkrygde beesvelle in naspeurbare, hoëgehalte ‘wet blue’-leer, wat internasionale motor-, meubel- en kledingmarkte in Europa en Afrika bedien. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê dit bewys dat Namibië sy eie vee kan verwerk terwyl finansiële waarde binne die land behoue bly.
    1 min
  • Benjamin kies sy span vir Afcon kwalifiseringsreeks
    Die hoofafrigter van die Brave Warriors, Collin Benjamin, het sy voorlopige groep vir Namibië se openingswedstryde vir die Afcon-kwalifikasie teen Kongo-Brazzaville en die Comore aangewys en sy keuses verdedig om "honger, fiks en opkomende spelers" te prioritiseer. Benjamin voeg by dat spelers wat uitgelaat is, soos Ryan Nyambe, steeds kan aansluit sodra hulle fiks en gereed is.
    1 min
  • Logistieke sektor voel die dieselprys
    Die land se logistieke- en vervoer-sektor is nou onder verdere druk na die jongste brandstofprysverhogings die week ingeskop het – met vervoer, vrag en verbruikerspryse wat ook die hoogte sal inskiet. Met Namibië se beperkte spoorwegnetwerk maak logistieke hewig staat op vragmotors om goedere te vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel van die Namibiese Logistieke-vereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gepraat. Hy sê die jongste verhoging het 'n direkte impak op vervoerkostes.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.