Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Sielkundige werp lig op herhaalde misdadigheid
    Die soveelste inhegtenisneming van die hoëprofiel-dwelmverdagte Naomi Fisch in Rehoboth het hernude vrae laat ontstaan oor hoekom herhaalde oortreders voortdurend terugkeer na kriminele aktiwiteite. Volgens sielkundige Shaun Whittaker word dit gedryf deur beloningskondisionering en risiko-gewoonte. Die vinnige geld en status wat met dwelmhandel geassosieer word, aktiveer die brein se dopamienstelsel, wat 'n siklus soortgelyk aan verslawing skep. Whittaker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Weg met eredoktorsgrade vir politici: Amapunda
    AR-leier Job Amupanda mik teen die toekenning van eredoktorsgrade aan politici, en waarsku dat die praktyk die waarde van egte PhD-kwalifikasies kan ondermyn. Amupanda, wat self 'n doktorsgraad in politieke studies verwerf het, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gesê PhD's maak slegs 0,2 persent van tersiêre kwalifikasies uit wat jaarliks in Namibië toegeken word. Hy voer aan dat eredoktorsgrade toenemend vir politieke invloed en persoonlike gunste gebruik word.
    1 min
  • Uitstap by parlement sal oor verskille sal voortgaan, sê IPC
    Die amptelike opposisie-IPC sê dat hy sal voortgaan om uit die parlement te loop om wetgewing en besluite waarmee hulle fundamenteel verskil, te blokkeer, en voer aan dat die taktiek nou werklike gewig dra na Swapo se verminderde meerderheid. IPC-parlementslid John-Louw Mouton sê die opposisie sal elke beskikbare uitweg gebruik om 'n kworum te voorkom, veral oor die voorgestelde aanstelling van Gerson Sindano as voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië.
    1 min
  • Bokke moet konsekwent wees in vierde toets: Rassie
    Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag 'n reuse-aanslag van die All Blacks in Saterdag se vierde en laaste toets in Baltimore. Hy het twee veranderings gemaak aan sy opdrafspan - Damian Willemse vervang die beseerde Cheslin Kolbe op heelagter, en Morné van den Berg begin op skrumskakel, met Cobus Reinach op die bank. Erasmus glo die Bokke moet hulle aanval verder verskerp om te wen en die reeks 3-1 te beklink:
    1 min
  • Dalende visbevolkings g'n robbe se skuld: kenner
    Naudé Dreyer, medestigter van Ocean Conservation Namibia, waarsku dat die blaam vir dalende visvoorrade nie net op Kaapse pelsrobbe geplaas moet word nie. Hy sê studies toon dat kommersieel gevangde vis minder as 15 persent van die robbe se dieet uitmaak. In reaksie op visseryeminister Inge Zaamwani se oproep by die Nasionale Visserye Indaba vir 'n uitgebreide robbe-oes, sê Dreyer dat oorbevissing en swak bevolkingsbestuur 'n veel groter bedreiging vir mariene ekosisteme inhou. Hy sê huidige oespraktyke wat groot bulle teiken moet hervorm word om wetenskap-gebaseerde en volhoubare mariene bestuur te verseker. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Handelstekort in Julie styg weer
    Namibië het 'n handelstekort van 5,9 miljard Namibiese dollar in Julie aangeteken, 'n styging teenoor die tekort van 5,4 miljard dollar wat in Junie aangeteken is. Woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap, Mirjam Shihepo, sê dat Suid-Afrika steeds die land se grootste mark vir beide uitvoere en invoere bly. Sy het meer:
    1 min
  • Australië teiken sosiale media-algoritmes, verslawing
    Australië se eerste minister, Anthony Albanese, sê sy regering hou tegnologiereuse soos Meta, TikTok, Alphabet, X en Reddit aanspreeklik en gee burgers groter beheer oor hul inhoudstrome. Australië het konsepwetgewing bekend gestel wat gebruikers van sosiale media groter beheer oor algoritmiese inhoudstrome sal gee, insluitend die keuse om persoonlike aanbevelings af te skakel. Albanese sê die wet teiken ook skadelike aanlyn inhoud en verslawende platform-ontwerpe, met swaar boetes vir nie-nakoming:
    1 min
  • Kanada se vergeldingstariewe tree in werking
    Kanadese vergeldingstariewe op Amerikaanse goedere ter waarde van 441,17-miljard Namibiese dollar word vandag van krag, terwyl die handelsoorlog tussen die twee bondgenote voortsleep. Die tariewe wat wissel van 15- tot 50-persent volg nadat president Donald Trump van Amerika verlede maand 50-persent tariewe op Kanadese goedere ingestel het nadat handelsgesprekke ʼn dooiepunt bereik het. Die maatreëls raak Amerikaanse sektore soos staal, suiwel, toestelle, landboutoerusting en elektronika. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê enige handelsooreenkoms moet tot sy landsburgers se voordeel wees:
    1 min
  • Cosatu Gauteng verwelkom voltooiing van 7 groot projekte
    Die vakverbond Cosatu in Gauteng sê die provinsiale regering se vordering met die lewering van belangrike infrastruktuurprojekte is bemoedigend. Dit volg na die afhandeling van sewe groot projekte, insluitend drie hipermoderne fasiliteite en skole. Cosatu se provinsiale voorsitter, Amon Monyela, sê inwoners moet sien dat meer infrastruktuurprojekte doeltreffend, betyds en met vakmanskap van gehalte afgehandel word. Hy sê besteding aan infrastruktuur moet steeds ʼn katalisator wees vir ekonomiese groei en werkskepping:
    1 min
  • CAN doen beroep tydens Eierstokkanker-bewustheidsmaand
    September is Eierstokkanker-bewustheidsmaand en die Kankervereniging van Namibië doen 'n beroep op vroue om sekere volgehoue fisiese veranderinge aan mediese professionele persone te rapporteer. Sowat 50 nuwe gevalle van eierstokkanker en 30 sterftes daaraan word elke jaar in die land aangeteken. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, waarsku dat algemene waarskuwingstekens, soos volgehoue opgeblasenheid en abdominale swelling, dikwels verkeerdelik toegeskryf word aan spysverteringsprobleme, veroudering of hormonale probleme. Hy het meer.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.