Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Regering wil private beleggings in landbou lok
    Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, sê die regering beoog om meer private beleggings in die landbou te lok ten einde plaaslike produksie ’n hupstoot te gee. Masake het tydens die eerste Jaarlikse Landboubeleggingskonferensie en -ekspo hier in die hoofstad gepraat en gesê dat die lok van private beleggings ook werksgeleenthede sal skep en afhanklikheid van ingevoerde voedsel sal verminder.
    1 min
  • Mbeki sê sake uit die apartheids-era moet regsprosesse volg
    Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale Vervolgingsgesag, nie politici nie. Mbeki het ook gewaarsku dat die instelling van 'n nuwe amnestieproses aanspreeklikheid en die regte van slagoffers kan ondermyn:
    1 min
  • IPC se Nashinge kap terug oor ondersoek na opposisiefondse
    IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die ondersoekende rol van opposisiepartye help om die regering aanspreeklik te hou.
    1 min
  • AfriForum waarsku vakansiegangers teen verblyfbedrog gedurende feestyd
    AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar nagenoeg vyf-miljoen-rand in 'n vakansiebedrogskema verloor. Broodryk sê mense moet ook versigtig wees vir uitsonderlike goedkoop aanbiedinge en druk om vinnig te betaal:
    1 min
  • Staatsamptenare se produktiwiteit en dienslewering daal aansienlik
    Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Patrick Nandago, sê dat staatsamptenare se produktiwiteit, en dus dienslewering, met tussen 40 en 50 persent gedaal het. Hy sê dat staatsamptenare persoonlike sake bo amptelike pligte prioritiseer, met sommige van hulle wat hulsef heeldag in hul kantore toesluit om gebedsgroepe te lei. In 'n gesprek met die Kavango-Oos-goewerneur, Hamunyera Hambyuka, sê Nandago dat sommige werkers ook laat opdaag, terwyl ander goedere saambring om te verkoop. Hy sê leierskap behoort in te gryp.
    1 min
  • Sokker: Khumalo aangestel as ondervoorsitter van SAFA se tegniese komitee
    Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná 'n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie van nasionale spanne. Jordaan sê Khumalo bring besondere ervaring uit sy loopbaan as speler, sowel as sy vorige rolle in afrigting en tegniese hoedanighede by Kaizer Chiefs en Baroka FC:
    1 min
  • Ekurhuleni se energieprogram kan N$36-miljard bespaar
    Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê die stad se program vir onafhanklike kragprodusente kan beleggings van 6,2-miljard-Namibiese dollar lok en oor 20 jaar ’n besparing van 36-miljard dollar op grootmaat-elektrisiteit teweegbring. Xhakaza sê die stad se aansoek om ’n ministeriële bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering, bied regulatoriese sekerheid aan produsente om befondsing te vind met die oog op konstruksie. Die bepaling stel die stad in staat om elektrisiteit regstreeks van onafhanklike kragprodusente aan te koop. Hy sê die inisiatief kan energiesekerheid versterk, werksgeleenthede skep en bekostigbare elektrisiteit aan inwoners en ondernemings verskaf:
    1 min
  • IPC-LP sê jeug moet help om beleidsoplossings te vorm
    IPC-LP John-Louw Mouton sê vandag se jeug bring ’n duidelike tegnologiese perspektief en moet help om beleidsoplossings te vorm, eerder as om bloot aan politieke roetine deel te neem. Aan die einde van die Jong Parlementariërs-koukus se werkswinkel het Mouton beklemtoon dat jong wetgewers as toekomstige leiers van die land uniek geposisioneer is om konkrete oplossings vir moderne uitdagings te bied.
    1 min
  • Man in hegtenis ná BBP-sekuriteitsbreuk by Eros-lughawe
    Die 25-jarige psigiatriese pasiënt Modestus Ndidalelwa is in hegtenis geneem nadat hy onwettig toegang tot die BBP-perseel van die Eros-lughawe op 12 Oktober verkry het. Dit is die tweede keer dat 'n psigiatriese pasiënt sekuriteit ontduik by persele wat hoogs bewaak behoort te wees. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dat Ndidalelwa aangekla is van oortreding en in die hof verskyn het. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Schutt waarsku Baynes-projek kan verbruikers duur kos
    Energiekenner Harald Schutt waarsku teen die versnelde Baynes-waterkragprojek, en sê dat dit nooit sy massiewe konstruksiekoste sal verhaal nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Schutt gesentraliseerde megastasies as verouderd bestempel en sê dat swaar padinfrastruktuur, langafstand-oordrag en finansieringskoste uiteindelik elektrisiteitstariewe vir verbruikers sal opdryf:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.