Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Opposisie het vrae oor koste van Nekundi se voetgangerbrûe
    Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering ’n beroep op die lynministerie gedoen om ’n gedetailleerde uiteensetting van die koste te verskaf, die prys te regverdig in vergelyking met soortgelyke infrastruktuur, en te verduidelik waarom die projek voorrang moet geniet midde dringende nasionale behoeftes.
    1 min
  • Sibiya kry nie borgtog, NVG juig
    Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die besluit om borgtog te weier aan die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, stem ooreen met waarvoor die staat gepleit het. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die staat het 'n sterk saak gestel. Sibiya word in die Randburgse landdroshof in Gauteng aangekla van verkragting, die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige en mensehandel. Kganyago sê die vervolgingsgesag is gereed om die saak voort te sit indien Sibiya teen die borgtogbeslissing appelleer:
    1 min
  • Tradisionele leiers kan nie grond van mense weerhou: NNN
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek tradisionele leiers om te help om armoede, droogte en voedselonsekerheid in hul gemeenskappe te bekamp. Haar boodskap is onlangs deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo oorgedra, wat deur verteenwoordigers van al 53 erkende tradisionele owerhede bygewoon is. Sy het ook gesê dit is onaanvaarbaar dat tradionele leiers sommige gemeenskapslede van grond en boerdery-aktiwiteite uitsluit.
    1 min
  • Cyril sê SA moet regmaak om uit Agoa geskop te word
    President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereed maak om van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, uitgesluit te word. Dit volg nadat die verhouding tussen Washington en Pretoria versleg het, en ʼn besluit oor Suid-Afrika word op 2 November verwag. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, beskuldig in ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die Suid-Afrikaanse regering van roekelose politieke posisionering. Hy waarsku dat die verlies van belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark tot 250 000 werksgeleenthede in gevaar kan stel.
    1 min
  • Voedselpryse gaan in 2027 skerp styg: ekonoom
    Nog 'n skerp styging in voedselpryse kan volgende jaar verwag word, omdat die dreigende El Niño en bek-en-klouseer uitbreking landbou-uitset bedreig. Helena Mboti, 'n ekonoom by Standard Bank Namibië, waarsku dat dit die onlangse verligting in voedselinflasie ongedaan kan maak. Dit sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds onder hoë brandstof- en vervoerkoste gebuk gaan. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Masemola terug, maar vertroue skraal
    Die Vereniging van Staatsamptenare sê die herinstelling van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, kom op ʼn tydstip waar openbare vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens uiters min is. Masemola is in April geskors na strafregtelike klagtes wat verband hou met sy beweerde versuim om moontlike tenderbedrog in die SAPD te voorkom. Die aanklagte is in September weens onvoldoende bewyse teruggetrek. Die vakbond-woordvoerder, Claude Naicker, sê gemeenskappe eis polisiëring wat doeltreffend, aanspreeklik en deursigtig is:
    1 min
  • Albanese vra kalmte ná aanval
    Australië se eerste minister Anthony Albanese het politici gevra om die stygende temperatuur van politieke retoriek te temper. Dit volg nadat ʼn onafhanklike parlementslid, Helen Haines, gister buite haar kantoor in Wangaratta raakgery en ernstig beseer is. ʼn Drie-en-veertigjarige man is gearresteer. In 2025/2026 is een-duisend-67 berigte van teistering en dreigemente teen politici in Australië aangemeld teenoor 951 die jaar tevore. Albanese waarsku toenemend vyandige, persoonlike en geweldsretoriek bedreig demokratiese instellings en ontmoedig leierskap:
    1 min
  • Bek-en-klouseer dwing uitstel van 2027 NLU Agribraai
    Die stryd om bek-en-klouseer in die land in te beperk, het daartoe gelei dat die 2027 NLU Agribraai uitgestel is. Die geleentheid, wat vir Mei volgende jaar beplan is, lok rolspelers in die veebedryf en besoekers van regoor die land. Volgens die organiseerders kan die die braai, onder die huidige omstandighede, pogings om die uitbreking te beheer, ondermyn. Heletjé Grobbelaar van die Witvlei-boerevereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Swakopmund maan inwoners ná brand tien huise vernietig
    Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners van informele nedersettings om uiters versigtig te wees met oop vlamme, oorlaaide kragproppe en brandende kerse ná ’n brand wat onlangs tien sinkhuise in die DRK-nedersetting vernietig het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het bevestig dat geen beserings onder die 25 ontheemde inwoners aangemeld is nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en benadruk dat brandveiligheid ’n prioriteit moet bly, aangesien vinnige bevolkingsgroei steeds ernstige druk op behuising en munisipale infrastruktuur plaas:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.