Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Otjizeka-laerskool kry N$100 000-veiligheidshupstoot
    Die Otjizeka-laerskool in die noordweste van die land het ’n veiligheidshupstoot gekry nadat ultimate.earth en bewaringsvennote byna 100 000 Namibiese dollar belê het om leerders te beskerm, terwyl woestynaangepaste leeus deur die omliggende landskap beweeg. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die inisiatief het ten doel om kinders se veiligheid te versterk en terselfdertyd mens-dier naasbestaan te ondersteun.
    1 min
  • Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer
    Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangeteken is. Die ministerie se hoofveearts, dr. Kenneth Shoombe, verduidelik waarom die heining belangrik is en wat dit vir die beweging en verhandeling van vee en vleis in die streek beteken.
    1 min
  • Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse
    Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van vrae oor die administrasie van fondse wat met Oonani Investments Group, die beleggingsarm van die Namibia Traditional Authorities Trust, verband hou. Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede van verdediging, toerisme, sport, kultuur en onderwys gelei.
    1 min
  • ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk
    Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP vra Godongwana om die bykomende belastinginkomste vir brandstofverligting aan te wend aangesien stygende lewenskoste steeds druk plaas op Suid-Afrikaners:
    1 min
  • NamPol soek hulp in Danelize Majiedt-saak
    NamPol vra die publiek se hulp om beddegoed en inkopiesakke te identifiseer wat gevind is met die oorskot van die 27-jarige Danelize Majiedt, wie se vermeende moord ondersoek word. Majiedt is op 30 Augustus as vermis aangemeld, en haar oorskot is op 5 Oktober langs 'n leivoor langs Daan Viljoenweg, sowat twee kilometer van 'n polisiepadblokkade, ontdek. Die polisie sê die oorskot was in linne toegedraai, in swart vullissakke geplaas en in twee groot nylon-inkopiesakke verpak. Die items sluit in 'n pers dubbelbed-duvetoortreksel met lopende skrif aan die een kant en skoenlapperontwerpe op die agterkant, 'n wit paslaken, 'n groot oranje-en-bruin blomme-inkopiesak, 'n groot blou inkopiesak versier met waatlemoenontwerpe, en 'n rooi bostuk met die woorde "Teaching is work of heart" langs 'n potloodbeeld. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi:
    1 min
  • Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl
    Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van die veld gestap het. CAF se direkteur-generaal, Matthieu Reeb, sê bemiddelaars sal volgende maand ʼn volledige beslissing uitreik:
    1 min
  • TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum
    Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne aan te vuur en nie nuwe liggame te stig nie. Sy waarsku verdeeldheid sal die rooivleisbedryf benadeel:
    1 min
  • NNN sluit Angola-staatsbesoek af
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en oorgrensverkeer te vergemaklik. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.