Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Begrotingstekort kan tot 6,5 persent styg
    Die komende middeljaar-begrotingshersiening mag dalk die regering se plan vir fiskale konsolidasie bevestig, maar die syfers vertel ’n ander verhaal. Almandro Jansen, ’n ekonoom by Simonis Storm, waarsku dat staatsinkomste tekortskiet en staatskuld toeneem. Dit kan die begrotingstekort tot 6,5 persent van die BBP laat styg, teenoor die begrote 5,5 persent. Jansen sê die hersiening mag dalk op papier by die oorspronklike plan bly, maar die werklike syfers het reeds verander.
    1 min
  • Rou vleis en vee mag onder beheer suid van Rooilyn beweeg
    Die ministerie van landbou het sy veeartsenykundige regulasies opgedateer om die beheerde beweging van rou vleis en vee suid van die Rooilyn toe te laat. Woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat rou vleis van geregistreerde fasiliteite nou die ||Kharas-streek kan binnekom, terwyl voerkraalbeeste wat vir 30 dae onder streng biosekuriteitsmaatreëls in kwarantyn gehou is, na slagpale verskuif kan word. Muyunda het bygevoeg dat nuwe standaardbedryfsprosedures ook ingestel is om beheerde vleisuitvoere te reguleer.
    1 min
  • Nandi-Ndaitwah maan Afrika-parlemente oor aanspreeklikheid
    Afrika-parlemente word aangemoedig om wetgewing te prioritiseer wat mense se lewens verbeter en aanspreeklikheid in die regering versterk. Tydens ’n toespraak voor Angola se Nasionale Vergadering in Luanda het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê parlementslede se verantwoordelikheid strek verder as om bloot hul kiesers te verteenwoordig. Sy het beklemtoon dat wetgewing, begroting-stoewysings en parlementêre toesig tot tasbare ontwikkelingsuitkomste moet lei.
    1 min
  • Trump blameer immigrante vir onluste in Frankryk
    Die Amerikaanse president Donald Trump sê immigrante is die oorsaak van die vlaag betogings en geweld in Frankryk. Die betogings het verlede maand begin met studente wat beter toestande in skole eis, maar het intussen uitgebrei om ontevredenheid oor stygende brandstofpryse en lewenskoste in te sluit. Die Franse president, Emmanuel Macron, beskryf die geweld as die werk van “opruiende elemente uit ver-linkse faksies, vergesel deur talle misdadigers.” Trump het by ʼn saamtrek in Kansas gesê Macron se immigrasiebeleid is ʼn “groot fout”:
    1 min
  • OVK werk saam met tegnologiereuse om aanlyn waninligting voor verkiesing te bekamp
    Die SA Verkiesingskommissie is in ’n vennootskap met Google, Meta, Microsoft, TikTok en die organisasie sonder winsoogmerk, Moxii Africa, om waninligting te bekamp en die integriteit van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing te beskerm. Hierdie gesamentlike inisiatief beoog om doelbewuste waninligtingsveldtogte asook skadelike inhoud op sosiale media en digitale platforms, tydens hierdie polities kritieke tydperk aan bande te lê. Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê hierdie aanlyn platforms se strategiese betrokkenheid bied die kommissie direkte toegang en ’n werklike kans om waninligting suksesvol te beveg:
    1 min
  • Geheime verhoor van Zuma se spioen word regtelik betwis
    Die Campaign for Free Expression, Media24, amaBhungane en Daily Maverick het die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die verhoor van twee voormalige amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap vir die publiek oop te stel. Thulani Dlomo, bekend as voormalige president Jacob Zuma se spioen, en Patrick Mshotholo staan tereg vir die beweerde misbruik van 12-miljoen-rand se intelligensiefondse. Nicole Fritz van die organisasie voer aan die bevel wat openbare toegang verbied, is te wyd en ondermyn openbare toesig:
    1 min
  • Regering wil private beleggings in landbou lok
    Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, sê die regering beoog om meer private beleggings in die landbou te lok ten einde plaaslike produksie ’n hupstoot te gee. Masake het tydens die eerste Jaarlikse Landboubeleggingskonferensie en -ekspo hier in die hoofstad gepraat en gesê dat die lok van private beleggings ook werksgeleenthede sal skep en afhanklikheid van ingevoerde voedsel sal verminder.
    1 min
  • Mbeki sê sake uit die apartheids-era moet regsprosesse volg
    Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale Vervolgingsgesag, nie politici nie. Mbeki het ook gewaarsku dat die instelling van 'n nuwe amnestieproses aanspreeklikheid en die regte van slagoffers kan ondermyn:
    1 min
  • IPC se Nashinge kap terug oor ondersoek na opposisiefondse
    IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die ondersoekende rol van opposisiepartye help om die regering aanspreeklik te hou.
    1 min
  • AfriForum waarsku vakansiegangers teen verblyfbedrog gedurende feestyd
    AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar nagenoeg vyf-miljoen-rand in 'n vakansiebedrogskema verloor. Broodryk sê mense moet ook versigtig wees vir uitsonderlike goedkoop aanbiedinge en druk om vinnig te betaal:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.