Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Mbeki ontken hy het apartheid-generaals beskerm
    Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het verskeie aansoeke om presidensiële kwytskelding goedgekeur. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging in sake van die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Hy sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is 'n versinsel. Hy sê hy het wel met veiligheidsmag-generaals vergader wat wou hê onder andere oudpresident FW de Klerk moes voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Amnestiekomitee getuig.:
    1 min
  • Oekraïne sal oorlog moeilik wen as VSA Putin steun - Zelensky
    Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy nie die oorlog wil beëindig nie. Zelensky het teenoor NBC News erken Oekraïne sal sukkel om die oorlog te wen sonder Amerikaanse ondersteuning:
    1 min
  • Duitse debat oor volksmoord ' 'n klein oorwinning'
    Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid sê die debat in die Duitse parlement is 'n kragtige oomblik vir die afstammelinge van die Nama- en OvaHerero-volksmoord. Sy sê egter dat hoop op dade gegrond moet wees. Dit kom terwyl wetgewers versoeke oorweeg dat Duitsland volle wetlike verantwoordelikheid aanvaar en omvattende herstelbetalings direk aan die afstammelinge van volksmoord-slagoffers maak. Luipert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Namibiër deel drie dekades se Angola-ervarings
    Terwyl president Netumbo Nandi-Ndaitwah tans op 'n staatsbesoek aan Angola is, met die doel om bande tussen die twee buurlande te versterk, gesels Kosmos 94.1 Nuus met 'n Namibiër wat Angola al drie dekades lank sy tuiste noem. Stefan van Wyk deel sy ervarings van lewe en werk oorkant die grens.
    1 min
  • Namises waarsku oor geweld en ekonomiese uitsluiting
    Terwyl Namibië wêreldwyd die vierde plek beklee met 'n geslote geslagsgaping van 84,5 persent, het die menseregte-aktivis Rosa Namises gewaarsku dat plaaslike realiteite 'n ander storie van ernstige geweld en ekonomiese uitsluiting vertel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Namises daarop aangedring dat politieke verbintenisse moet lei tot beskerming op grondvlak, effektiewe beskermingsbevele en ekonomiese bemagtiging in gemeenskappe soos Katutura en Keetmanshoop:
    1 min
  • Paaie-owerheid verskerp beheer oor ingevoerde voertuie
    Die Paaie-owerheid waarsku dat voertuie wat uit Hongkong ingevoer word, slegs geregistreer sal word indien hul registrasie- en stawende dokumente suksesvol deur die betrokke owerhede geverifieer is. Die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê daar was 'n toename in aansoeke wat onverifieerbare of bedrieglike dokumentasie behels, en beklemtoon dat sodanige voertuie nie ooreenkomstig die Regulasies op Padverkeer en Vervoer van 2001 geregistreer sal word nie.
    1 min
  • DA sê Eskom moet rekenskap gee oor kontrakte van N$ 41,4-miljard
    Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder Kevin Mileham sê Eskom het gekwalifiseerde ouditmenings ontvang, en was verantwoordelik vir 41,4-miljard-rand se kontrakuitbreidings oor twee-en-ʼn-half jaar:
    1 min
  • NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word
    Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal nou met die regering saamwerk om vertroue in Namibië as uitvoermark te herstel.
    1 min
  • Onderwysministerie verdedig data-opsporingstelsel se doeltreffendheid
    Die leierskap van die onderwys-ministerie het die sektor se data-opsporing en daaglikse ingrypings verdedig... en minister Sanet Steenkamp het beklemtoon dat die ministerie statistieke noukeurig dophou deur 'n onderwysbestuurs-inligtingstelsel. Sy het opgemerk dat kinders wat uit die skool-stelsel verdwyn, ook breër gemeenskaps- en sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Kamwi prys Pohamba se nalatenskap in moedersorg
    Die voormalige minister van gesondheid, Richard Kamwi, het voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, as Namibië se "Florence Nightingale" beskryf en haar vrywillige leierskap in die transformasie van moeder-gesondheidsorg geprys. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kamwi klem gelê op haar onbetaalde werk – wat gewissel het van fondsinsameling by internasionale ambassades vir die oprigting van tydelike kraam-skuilings by distrikshospitale landwyd. Kamwi sê dit het gelei tot 'n drastiese afname in moeder-sterftes en die uitbreiding van nasionale MIV/VIGS-programme:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.