Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël
    Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste ná ‘n polisieskietery gewelddadig geword het, maar volgens De Senneville het dit nog nie toeristegetalle geraak nie. Hy het vanuit Port Louis aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik:
    1 min
  • Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes
    Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies. Hy bevestig die raad en NSFAS werk saam om bewustheid te skep deur slypskole op kampusse, gesprekke met studente en veldtogte oor finansiële geletterdheid:
    1 min
  • Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af
    Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete António, sê meer as 60 regsinstrumente is reeds ingestel om samewerking te versterk. Namibië se minister van Internasionale Betrekkinge en Handel, Selma Ashipala-Musavyi, het tydens die sessie gepraat.
    1 min
  • Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip
    Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat die veiligheid van die staatshoof gewaarborg bly.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.