Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek
    Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë brandstofpryse en vervoerkoste, dinge wel kan verbeter.
    1 min
  • IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders
    Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die Ministerie van Finansies gekritiseer omdat dit voortdurend daarin faal om voldoende nakoming te verseker.
    1 min
  • BKS: 182 beeste op Kalala-eiland, Zambezi ingeënt
    Namibië se stryd teen bek-en-klouseer in die Zambezistreek het ’n belangrike mylpaal bereik, met al 182 beeste op een plaas op Kalala-eiland wat reeds ingeënt is. Die hoofveeartsenybeampte, dr. Kenneth Shoombe, het dié vordering Vrydag bevestig. Kalala-eiland, in die Kabbe-kiesafdeling, worstel met ’n afsonderlike uitbreking van bek-en-klouseer, wat nie verband hou met die uitbreking in die Karasburg-distrik in die suide van Namibië nie.
    1 min
  • Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs
    Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu, die raad se woordvoerder, sê die inisiatief beoog om jongmense toe te rus met praktiese vaardighede in gasvryheid, gastedienste, vermaak en ander sektore.
    1 min
  • Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump
    President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom Europese leiers se groter rol om die oorlog te beëindig. EU-leiers skaar hulle by Oekraïne te midde van vrese dat Washington militêre en intelligensie-ondersteuning kan afskaal. Intussen het Amerikaanse president Donald Trump Zelensky as 'n sirkusmeester. Trump sê Zelensky is minder bereid as Putin tot 'n ooreenkoms om die oorlog te beëindig:
    1 min
  • KZN staal hulself teen El Niño
    Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Siboniso Mngadi, het boere aangeraai om vee teen hittestres te beskerm en voor te berei op moontlike watertekorte:
    1 min
  • Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run
    Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou
    Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.