Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run
    Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou
    Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
    1 min
  • Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'
    Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai kon klim. Die staatsaanklaer voer aan hy het nie 'n retoerkaartjie gehad nie, maar Carrim ontken dit. Die hof het gelas hy moet sy retoerkaartjie aan die hof toon:
    1 min
  • Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige
    Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor te skakel namate bekostigbaarheid 'n kantelpunt bereik. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS
    Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, sê dat hand-, voet- en mondsiekte in mense verskil van die bek-en-klouseer wat in diere met gesplete hoewe voorkom.
    1 min
  • Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner
    Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan Namibië terugbesorg word. Die debat het 'n gespanne wending geneem nadat wetgewers van die regse AfD opmerkings gemaak het wat as beledigend en rassisties bestempel is. Politieke ontleder Henning Melber het met Kosmos 94.1 gepraat.
    1 min
  • Solidariteitsveldtog vir Kuba kort nog N$3,6 miljoen
    Die Nasionale Solidariteitsveldtog het 3 miljoen Namibiese dollar ingesamel om mediese voorrade en sonkragpakkette vir Kubaanse gesondheidsentrums aan te skaf. Die veldtogvoorsitter, Helmut Angula, het aangekondig dat fondsinsameling tot November sal voortduur om die oorblywende 3,6 miljoen dollar in te samel wat nodig is om 140 kubieke voet sonkragpakkette te koop en te verskeep.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.