Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • OVK begin om stembriewe te wysig en te herdruk ná Konstitusionele Hof-uitspraak
    Die SA Verkiesingskommissie sê hy sal nou begin om stembriewe te wysig en te herdruk ten einde 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite in te sluit. Dit volg op die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die ANC in 'n geskil oor kandidate wat uitgesluit is van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Die kommissie het vroeër die week gesê 66-persent van die stembriewe is reeds gedruk. Die voorsitter van die OVK, Mosotho Moepya, sê hulle het beperkte tyd om aan die uitspraak te voldoen:
    1 min
  • Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef
    Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te kyk:
    1 min
  • Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef
    Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef.
    1 min
  • BKS: Vleisbedryf worstel met afleggings en herstrukturering
    Die voortdurende beperkings op bek-en-klouseer het Namibië se vleisvoorsiening-s-ketting tot stilstand geruk, met groot slagpale wat nou korttermyn-herstrukturering en afleggings in die gesig staar. Landbou-ontleder Wallie Roux het opgemerk dat hoewel slag-bedrywighede stadig na 'n tydperk van 30 dae onder streng staat-s-riglyne kan hervat, die onmiddellike ontwrigting ernstig is en alles van plaaslike slagters en restaurante tot kapana-verkopers affekteer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • IPPR eis hervormings teen verkrygingskorrupsie
    Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederico Links het vanoggend tydens 'n perskonferensie gepraat.
    1 min
  • Skof vyf van die Rhino Run-fietswedren
    Vandag is Skof 5 van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet. Namibiër, Drikus Coetzee, trap steeds dat die sweet spat en die stof draai... en is tans op die pad, met Clanwilliam as sy volgende bestemming:
    1 min
  • Walvisbaai ontvang vragmotor en vullisdromme van Namport
    Die Namport Maatskaplike Beleggingsfonds het 'n vragmotor en tien vullisdromme aan die Walvisbaai Munisipaliteit oorhandig om munisipale dienslewering te bevorder en om te help om die kusdorp skoner te hou. Met die ontvangs van die skenking het die adjunkburgemeester Mina Hangula beklemtoon dat 'n florerende hawe en dorp van mekaar afhanklik is. Sy het die behoefte aan gemeenskap-s-opvoeding beklemtoon... om te verseker dat die skenkings behoorlik vir openbare gesondheid gebruik word.
    1 min
  • Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme
    Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep ondersteun die nuwe VN Politieke Verklaring oor Pandemievoorkoming, -paraatheid en -reaksie, maar hou vol dat billike toegang tot gesondheidstegnologie nie onderhandelbaar is nie. Die groep wil ook hê die tekortkominge wat deur COVID-19 uitgewys is, moet reggestel word voordat die volgende pandemie toeslaan.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.