Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • IKT-minister vra vir goeie aanlyn-gedrag
    Minister van inligting en kommunikasie tegnologie, Emma Theofelus, vra Namibiërs moet verantwoordelik die internet gebruik. Theofelus het tydens die 9de Nasionale IKR-beraad in Ongwediva gepraat en veral jongmense gemaan om bewus te wees van hul digitale voetspore en aanlynaktiwiteite:
    1 min
  • Hond wat Swakop-polisie aanval geskiet
    Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar gekry en sal op 19 November weer in die hof verskyn. Die Erongo-polisiekommissaris, kommandeur Nikolaus Kupembona, waarsku inwoners om hul honde te beheer:
    1 min
  • Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS
    Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades, en die skep van 'n streeksraadgewende taakspan om koördinering te verbeter. Streeks-Polisiekommissaris vir Omaheke, Heinrich Tjiveze, sê die polisie is gereed om met padblokkes te help, maar vra samewerking van alle rolspelers:
    1 min
  • Elke aanpassing aan kragpryse raak alledaagse Namibiese-huishoudings
    Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:
    1 min
  • Mbalula vra hersiening van DA se rol in RNE na Konstitusionele Hof-oorwinning
    Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan. Mbalula beklemtoon niks verplig die ANC om vir 'n onbepaalde tyd saam met die DA in die regering te bly nie:
    1 min
  • Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers
    Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê daar is haakplekke met visums, maar dit word aangespreek. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

    Gitta Paetzold Vrydag
    1 min
  • Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard
    Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur van die VN se Ontwikkelingsprogram, Alexander de Croo, sê Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië dra die grootste las van armoede en ontbering:
    1 min
  • Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop
    Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.