Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • BKS: Vleisbedryf worstel met afleggings en herstrukturering
    Die voortdurende beperkings op bek-en-klouseer het Namibië se vleisvoorsiening-s-ketting tot stilstand geruk, met groot slagpale wat nou korttermyn-herstrukturering en afleggings in die gesig staar. Landbou-ontleder Wallie Roux het opgemerk dat hoewel slag-bedrywighede stadig na 'n tydperk van 30 dae onder streng staat-s-riglyne kan hervat, die onmiddellike ontwrigting ernstig is en alles van plaaslike slagters en restaurante tot kapana-verkopers affekteer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • IPPR eis hervormings teen verkrygingskorrupsie
    Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederico Links het vanoggend tydens 'n perskonferensie gepraat.
    1 min
  • Skof vyf van die Rhino Run-fietswedren
    Vandag is Skof 5 van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet. Namibiër, Drikus Coetzee, trap steeds dat die sweet spat en die stof draai... en is tans op die pad, met Clanwilliam as sy volgende bestemming:
    1 min
  • Walvisbaai ontvang vragmotor en vullisdromme van Namport
    Die Namport Maatskaplike Beleggingsfonds het 'n vragmotor en tien vullisdromme aan die Walvisbaai Munisipaliteit oorhandig om munisipale dienslewering te bevorder en om te help om die kusdorp skoner te hou. Met die ontvangs van die skenking het die adjunkburgemeester Mina Hangula beklemtoon dat 'n florerende hawe en dorp van mekaar afhanklik is. Sy het die behoefte aan gemeenskap-s-opvoeding beklemtoon... om te verseker dat die skenkings behoorlik vir openbare gesondheid gebruik word.
    1 min
  • Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme
    Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep ondersteun die nuwe VN Politieke Verklaring oor Pandemievoorkoming, -paraatheid en -reaksie, maar hou vol dat billike toegang tot gesondheidstegnologie nie onderhandelbaar is nie. Die groep wil ook hê die tekortkominge wat deur COVID-19 uitgewys is, moet reggestel word voordat die volgende pandemie toeslaan.
    1 min
  • MISA vra werkers moet betrek word by besluite oor KI
    Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Dié kwessie is by die agtste nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie geopper, wat fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola sê werkers moet betrek word by besluite oor nuwe tegnologie en geleenthede kry om nuwe vaardighede aan te leer:
    1 min
  • BoN en Deutsche Bundesbank hernu tegniese samewerking-ooreenkoms
    Die Bank van Namibië en Duitsland se Deutsche Bundesbank het hul memorandum van ooreenkoms hernu om tegniese samewerking en institusionele kapasiteit in sentrale bankwese te bevorder. Die raamwerk bou voort op meer as 'n dekade van samewerking en fokus op tegniese bystand, gespesialiseerde opleiding en menslike kapitaalontwikkeling. Die sentrale bank se adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasie en volhoubaarheid, Naufiku Hamunime deel meer:
    1 min
  • SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik
    Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en bewyse, sonder opdragte van politieke partye of openbare ampsdraers. Kganyago het 'n beroep op organisasies gedoen om nie ongegronde bewerings te maak wat die strafregtelike regsproses kan ondermyn nie:
    1 min
  • Betroubare elektrisiteit bly belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei
    Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas wat die behoorlike instandhouding van die network ‘n prioritei maak.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.