Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • OVK verbind tot implementering van Konstitusionele Hof-beslissing oor ANC-kandidatelys
    Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na 'n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle sal meer besonderhede verskaf oor hoe die uitspraak geïmplementeer sal word sodra sy beoordelings afgehandel is. Hy voeg by voorbereidings vir die verkiesing is steeds 'n prioriteit:
    1 min
  • President oorhandig nasionale vlag aan Jeug Olimpiese Spele-span
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die nasionale vlag by Staatshuis aan Namibië se span van 12 lede wat op pad is na die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal oorhandig. Sy het sport as 'n nasionale prioriteit onder die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan beklemtoon... en die jong atlete aangespoor om met dissipline, veerkragtigheid en nederigheid mee te ding:
    1 min
  • Mashatile onthul beleggingsbeloftes in Limpopo oorskry N$452-miljard
    Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard Namibiese dollar oorskry, met meer as 71-miljard dollar reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer vir verdere groei, en het mynbou, mineraalverwerking, landbou, vervaardiging en hernubare energie geïdentifiseer as sleutelsektore om beleggings te lok, die ekonomie uit te brei en meer werksgeleenthede te skep:
    1 min
  • Onthou, NamRA se belasting-amnestieprogram sluit op 31 Oktober
    Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner belastingbetalers daaraan dat die finale fase van sy belasting-amnestieprogram op 31 Oktober sluit. NamRA-projekbestuurder Petra Haingura sê dat deelnemers 'n 100 persent kwytskelding van alle rente en boetes ontvang, mits hulle hul kapitaalbelastingbalans ten volle via die Itas-portaal voor die sperdatum vereffen.
    1 min
  • Bulle reg vir Stade Francais-wedstryd op Loftus
    Die Blou Bulle speel Saterdag teen Stade Francais in die Verenigde-rugby-kampioenskap-reeks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span is aangewys... en die hoof-afrigter van die Bulle, Johan Ackerman het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • Weer: Baie warm vandag, môre koeler met ligte reënbuie
    Met 'n bloedig-warm week agter die rug, sê die weerkantoor dat ons vandag nóg warmer sal kry, met dag-temperature wat in die noorde en noordooste van die land na verwagting bo 40 grade Celsius sal styg. 'n Koue front, môre, sal verligting en koeler weer bring, met ligte reënbuie in die noord-weste en sentrale gebiede. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • IKT-minister vra vir goeie aanlyn-gedrag
    Minister van inligting en kommunikasie tegnologie, Emma Theofelus, vra Namibiërs moet verantwoordelik die internet gebruik. Theofelus het tydens die 9de Nasionale IKR-beraad in Ongwediva gepraat en veral jongmense gemaan om bewus te wees van hul digitale voetspore en aanlynaktiwiteite:
    1 min
  • Hond wat Swakop-polisie aanval geskiet
    Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar gekry en sal op 19 November weer in die hof verskyn. Die Erongo-polisiekommissaris, kommandeur Nikolaus Kupembona, waarsku inwoners om hul honde te beheer:
    1 min
  • Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS
    Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades, en die skep van 'n streeksraadgewende taakspan om koördinering te verbeter. Streeks-Polisiekommissaris vir Omaheke, Heinrich Tjiveze, sê die polisie is gereed om met padblokkes te help, maar vra samewerking van alle rolspelers:
    1 min
  • Elke aanpassing aan kragpryse raak alledaagse Namibiese-huishoudings
    Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.