Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Hersien Regstellende Aksie in Indiensneming-wet, hoor NV
    Swapo-LP Justina Jonas het in die parlement 'n dringende hersiening van die Wet op Regstellende Aksie in Indiensneming versoek. Sy het verwys na ernstige befondsingstekorte en personeelbeperkings wat die Kommissie vir Billike Indiensneming se toesighoudende vermoëns belemmer. Jonas het volgehoue diskriminasie in die werkplek uitgelig en opgemerk dat swart werkers steeds gekonsentreer is in laervlak-poste met beperkte opwaartse mobiliteit. Sy het minister Wise Immanuel aangespoor om wysigings te finaliseer om die handhawing te versterk en sistemiese ongelykhede aan te pak.
    1 min
  • 'Nie net ANC' moet deur Verkiesingskommissie gehelp word
    Die Afrika Mayibuye-beweging sê die Verkiesingskommissie moet dieselfde verligting aan alle politieke partye bied wat benadeel is deur probleme met aanlyn stelsels vir kandidate-benoemings. Die Konstitusionele Hof het die ANC tegemoetgekom oor 181 kandidate wie se besonderhede wel vasgelê is, maar nie finaal ingedien is nie. Woordvoerder Sydney Baloyi sê die OVK moet die hofuitspraak regverdig toepas en alle kwalifiserende kandidate kans gee om aan volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing deel te neem:
    1 min
  • Teen-GBV Operasie Basadi groot sukses
    Meer as 1 500 vroulike beamptes van multi-agentskap wetstoepassing en sekuriteitsektore het in September 'n landwye Operasie Basadi-veldtog gelei, wat geslagsgebaseerde geweld, kinderuitbuiting en algemene misdaad geteiken het. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat die verhoogde mannekrag tot talle arrestasies gelei het, wat wissel van veediefstal tot verkragtingsake. Beamptes is ook gehelp om dossiere te finaliseer en sleutelgetuies op te spoor.
    1 min
  • President oorhandig nasionale vlag aan Span Namibië
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend by die Staatshuis die Namibiese nasionale vlag formeel aan Span Namibië oorhandig, vooruitlopend op die 2026-Somerjeugolimpiese Spele in Dakar, Senegal. Die Minister van die Presidensie, dr. Charles Mubita, het die span aangemoedig om eerste op diplomasie te fokus.
    1 min
  • Kernkragplanne wek kommer oor hulpbronne
    Die energiekenner Harald Schütt lewer kritiek op die regering se beweging na kernkrag en waarsku dat die tegnologie buitensporig duur is en kritieke hulpbronne van noodsaaklike dienste soos water, voedsel en vervoer kan wegtrek. Dit volg op die aanstelling van John Titus as die land se eerste kernkommissaris, terwyl die regering voorbereidings tref om kernenergie te ondersoek en groter gebruik te maak van die land se groot uraanvoorrade. Schütt voer aan dat die uitvoer van uraan steeds 'n ekonomies meer sinvolle opsie is as om kernkragopwekking na te streef.
    1 min
  • Adjunkminister van Justisie bekommerd oor dodelike Katlehong-skietery voor verkiesing
    Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie oorgegee en die saak word deur die Gautengse taakspan oor politieke moorde ondersoek. Nel sê partye en kandidate moet hul veldtog in ʼn veilige omgewing voer:
    1 min
  • Dunaiski: Psemas-struktuurhervormings skep uitdagings vir pensioenarisse
    Die Psemas-struktuurhervormings, wat op 1 April ingestel is, het aansienlike uitdagings vir kwesbare lede, veral pensioenarisse, geskep. Hoewel die hervormings daarop gemik is om die skema se langtermynvolhoubaarheid te verseker en die weg te baan vir breër universele gesondheidsdekking, sê die bestuurskundige Pius Dunaiski aan Kosmos 94.1 Nuus dat die veranderinge gepaardgegaan het met 'n onmiddellike menslike koste.
    1 min
  • Kerntoetsontploffing-simulasie in Erongo-streek hou klomp voordele vir Namibië
    Die aanbieding van Afrika se eerste kerntoetsontploffing-simulasie in die Erongo-streek bring groot ekonomiese en diplomatieke voordele vir die land. Magdalena Shipiki, hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge by die internasionale betrekkinge-ministerie, sê dat die oefening, wat 147 miljoen Namibiese dollar kos, logistiek, gasvryheid en toerisme aan die kus ’n hupstoot gee. Sy sê dat hierdie mylpaal Namibië se rol versterk as ’n voorstander van kern-ontwapening. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Sherbourne sê Namibië moet liewer sy bande met VSA versterk
    Die ekonoom Robin Sherbourne sê Namibië behoort verder te kyk as sy groeiende bande met Rusland en China, en eerder meer te fokus op die versterking van sy verhouding met die Verenigde State. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Sherbourne dat, hoewel Amerikaanse beleids-besluite onder president Donald Trump uitdagings vir Namibië geskep het, hy glo dat Amerikaanse maatskappye al hoe belangriker kan word namate die land sy ontluikende olie- en gasbedryf ontwikkel.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.