Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Landbou-ministerie sê meer as 63 000 beeste reeds vir BKS gesif
    Die ministerie van landbou sê hy het reeds, sedert die bek-en-klouseer-uitbreking meer as 63 000 beeste vir die siekte gesif. Woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is, dusver, 131 diere wat op 18 Karasburgs-distrik-plase positief vir BKS getoets het.

    Vir meer inligting en 'n meer-gedetaileerde opsomming van Woensdag se BKS-opdatering, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.
    1 min
  • Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om uitvoere te bevorder
    Die Wes-Kaapse regering sê sterker internasionale handelsvennootskappe is noodsaaklik om meer as 200-duisend werksgeleenthede deur verhoogde uitvoere te skep. Die provinsie se uitvoerstrategie het ten doel om teen 2035 uitvoere ter waarde van 408-miljard-Namibiese dollar te lewer en nog 'n duisend aktiewe uitvoerders te lok. Tydens 'n vergadering van die uitvoerbedryf in Kaapstad het premier Alan Winde gesê die uitbreiding van hernubare energie sal plaaslike ondernemings ook help om aan wêreldwye omgewingstandaarde te voldoen en mededingend te bly.
    1 min
  • Minister Kantema-Gaomas verdedig N$250m kindertoelae wat uitbetaal is
    Die minister van geslagsgelykheid, Emma Kantema-Gaomas, het die 250 miljoen Namibiese dollar in kindertoelae wat aan individue tussen 18 en 21 jaar oud betaal is, verdedig. Dit volg ná 'n verslag van die ouditeur-generaal, wat die uitbetalings uitgelig het. Kantema-Gaomas het in die parlement verduidelik dat hoewel 18 die wettige ouderdomsgrens is, die Kindersorg- en Beskermingswet verlengde ondersteuning vir jeugdiges tot die ouderdom van 21 toelaat indien hulle steeds op skool is.
    1 min
  • Drikus Coetzee reg vir Dag 4 van Rhino Run-fietswedren
    Fietsryers skop vandag skof vier van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet af. Drikus Coetzee van Namibië is steeds in eerste plek, en het, na drie dae in die saal, reeds 1-duisend-170 kilometer afgelê... en is tans byna 100 kilometer voor Frankryk se Stephane Lombard. Coetzee het vanoggend 'n opdatering met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:
    1 min
  • Tweede skoolvakansie en Heldedag padveiligheids-inisiatiewe groot sukses
    Nasionale padveiligheid-operasies wat die tweede trimester skool-vakansie en Heldedag-tydperk dek, het gelei tot 'n afname van 35-persent in padsterftes op die land se belangrike hoofweë. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat verkeersbeamptes tydens die veldtog langs die B1- en B2-snelweë meer as 21 800 voertuie voorgekeer het. 16-duisend-500 bestuurders is in die tydperk vir alkohol getoets, en 2,6 miljoen Namibiese dollar in skulderkenning-s-boetes is ook uitgereik:
    1 min
  • Ma van 18-jarige Karinambande Muundjua vra om vergifnis
    Die ma van die 18-jarige wat Woensdag in die Okahandja-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord op die die 5-jarige Ingrid Maasdorp en die 6-jarige Roswinds Fabianu op Okahandja, sê sy is jammer vir wat haar seun gedoen het. Selma Tjivikua het aan Nampa gesê haaar familie is geskok oor die klagtes teen haar seun, Karinambande Muundjua, en om vergifnis gevra van die families van die twee minderjarige slagoffers:
    1 min
  • Bou van 2 voetganger-brûe oor Westelike Verbypad begin in November
    Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi sê die konstruksie van twee voetganger-brûe oor die Westelike Verbypad sal voor die einde van November afskop. Nekundi het Woensdag gereageer op ‘n vraag in die parlement deur Affirmative Repositioning-LP, George Kambala. Kambala wou weet, behalwe vir die installering van spoedhobbels, hoekom dit so lank vat om met ‘n permanente oplossing vorendag te kom om voetganger-veiligheid op die B1 te verbeter. Nekundi het bevestig dat die brugontwerpe reeds voltooi en goedgekeur is en dat addisionele voetgangersbrûe ook in die verdere toekoms beplan word:
    1 min
  • DA vra vir beter beheer na BKS-uitbreking in Addo
    Die DA vra die Oos-Kaapse regering om maatreëls te verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom nadat die siekte by koedoes in die Addo-olifant Nasionale Park bevestig is. Die bron van die besmetting en enige moontlike verband met ander uitbrekings word steeds ondersoek. Die DA-lid Heinrich Müller dring aan op beter monitering in natuurreservate, strenger beheer oor rondlopervee, verbeterde omheining en voldoende veeartsenykundige ondersteuning en inenting:
    1 min
  • Regering wil KI-beleid vir staatsdiens instel
    Die regering gaan 'n beleid instel wat die gebruik van kunsmatige intelligensie in die staatsdiens sal rig, namate hy pogings verskerp om digitale transformasie en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Tydens die amptelike opening van die negende Nasionale IKT-beraad in Ongwediva het inligtingminister Emma Theofelus gesê dat stelsels veilig met mekaar moet saamwerk, met kuberveiligheid, databeskerming en verantwoordelike inligtingsbestuur as kernprioriteite.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.