Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Hou Sibiya agter tralies, vra beweerde slagoffers
    Twee beweerde slagoffers in die verkragtings- en seksuele gereedmaking-saak teen die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya, het die Randburg-landdroshof gevra om hom in aanhouding te hou. Hulle het in slagofferverklarings wat in die hof voorgelees is, vrese geopper oor hul veiligheid indien Sibiya op borgtog vrygelaat word. Die 16-jarige klaagster beweer Sibiya het haar pa gedreig, terwyl 'n 18-jarige beweer 'n vriend is genader om 'n ander weergawe van gebeure voor te hou:
    1 min
  • Regering skop vas teen kragoordrag-nasionalisering
    Energieminister Modestus Amutse het die regering se teenkanting teen die privatisering van die nasionale elektrisiteitsnetwerk herbevestig. Hy het in 'n toespraak in die parlement vanmiddag gesê die regering sal nie toelaat dat private rolspelers beheer oor elektrisiteitsoordrag uitoefen nie. Dit kom midde 'n voortdurende geskil tussen sy ministerie en die Elektrisiteitsbeheerraad oor onafhanklike kragoordrag-maatskappye.
    1 min
  • Wapen-amnestie lewer net 15 vuurwapens op
    NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê daar was vanjaar 'n skerp afname in die vrywillige oorhandiging van onwettige vuurwapens tydens die Afrika-amnestiemaand veldtog. Slegs 15 vuurwapens is ingehandig, vergeleke met 86 in 2025. Oorhandigings was ook tot 'n handjievol streke beperk, wat die polisie genoop het om hul uitreikstrategie te hersien. Nainda beklemtoon dat die verwydering van onwettige wapens uit gemeenskappe noodsaaklik is om gewelddadige misdade soos gewapende rooftogte en moorde te bekamp.
    1 min
  • 131 BKS-gevalle in ǁKharas bevestig, geen nuwe gevalle in Zambezi
    Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is teen vandag 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld, almal in die ǁKharas-streek. Die gevalle is op 18 plase in die Karasburg-staatsveeartsdistrik gevind, en 63 011 diere is ondersoek sedert die uitbreking op 23 September bevestig is. In die Zambezi-streek, waar 'n tweede uitbreking bevestig is, is geen nuwe kliniese gevalle aangemeld nie. Muyunda sê die uitbrekings hou nie met mekaar verband nie.
    1 min
  • Eksamenseisoen skop landswyd af
    Die skole-eksamenseisoen het amptelik landswyd afgeskop vir meer as 98 000 kandidate, met alle vraestelle wat veilig afgelewer is. Die direkteur van die nasionale assessering en eksamens, Clementine Tsumis-Garises, waarsku dat kandidate van eksamenlokale verbied sal word sonder 'n amptelike toelatingspermit en 'n ooreenstemmende staats-identiteitsdokument, paspoort of bestuurslisensie om nabootsing en bedrog te voorkom. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Proteas-afrigter dink aan veranderinge vir tweede toets
    Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies nie na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada. Hy behoort te kan speel in die tweede toets in Gqeberha, waarskynlik ten koste van Anrich Nortjé. Conrad gaan 'n paar veranderings aanbring:
    1 min
  • Shafudah vra insette vir 2027-2030 mediumtermyn-begroting
    Finansminister Ericah Shafudah vra vir openbare insette oor die volgende begroting en die raamwerk vir uitgawes oor die mediumtermyn van 2027 tot 2030, wat sy in Februarie 2027 in die parlement sal indien. Tydens die bekendmaking van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se oop begrotingsopname-resultate in Windhoek vanoggend, het Shafudah gesê dat die raamwerk die finale geleentheid vir die implementering van Visie 2030 sal wees.
    1 min
  • DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery
    Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery in Katlehong nadat hulle ʼn gedenkdiens bygewoon het. Drie mense is gewond. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê die voorval beklemtoon toenemende kommer oor geweldsmisdaad in Ekurhuleni:
    1 min
  • Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer
    NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word steeds ondersoek.
    1 min
  • Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%
    Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte. Dit is ten spyte daarvan dat die aantal bouplanne wat ontvang is, van 221 tot 237 toegeneem het. Hy het 'n kykie na die res van die jaar met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.