Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit
    Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,2-persent gekrimp, terwyl die amptelike werkloosheidskoers op 33,6-persent staan. Mashatile sê die behoud van werkgeleenthede moet 'n meer doelbewuste deel van nywerheidsbeleid word:
    1 min
  • Gebrek aan gemeenskapsingryping dryf herhaalde misdaad aan
    Geestesgesondheidkundiges waarsku dat die versuim om gestruktureerde, gemeenskapsvlak-ingrypings te verskaf, hoë koerse van herhaalde oortredings onder vrygelate misdadigers aanwakker. Sielkundige Shaun Whittaker sê dat die herhaaldelike arrestasie en vrylating van oortreders terug in dieselfde sosiale netwerke kriminele gedrag en aangeleerde hulpeloosheid versterk, veral wanneer regstellingswerk buite bereik bly. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom
    Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer as twee dekades van regsgedinge. Ndou sê baie mense wag dat die saak in die hof aangehoor word, maar hy waarsku nuwe regsuitdagings kan steeds opduik:
    1 min
  • IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag
    Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat veilige verbysteek-sones aandui, ‘n nuwe laag verf sou kry. Nekundi het op sy beurt weer gesê dat hy dringend die kwessie sal aandag gee:
    1 min
  • Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong
    Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, het aangedring op strenger optrede teen onwettige vuurwapens en politieke partye en gemeenskappe aangemoedig om vrede te bevorder in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November:
    1 min
  • Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing
    Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • WKOD vra matrikulante om nie laat vir eksamens op te daag nie
    Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor leerders wat laat opdaag vir die matriekeksamen, ondanks 'n goeie begin van die eksamen. Meer as 85-duisend voltydse, deeltydse en herhaalde kandidate skryf hul nasionale senior sertifikaat-eksamen in die provinsie. Die LUR vir onderwys, Jaco Londt, het leerders versoek om ten minste 'n uur vroeër by eksamenlokale op te daag om stres wat veroorsaak word deur vervoervertragings of ongelukke te vermy:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.