Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Mbalula vra hersiening van DA se rol in RNE na Konstitusionele Hof-oorwinning
    Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan. Mbalula beklemtoon niks verplig die ANC om vir 'n onbepaalde tyd saam met die DA in die regering te bly nie:
    1 min
  • Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers
    Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê daar is haakplekke met visums, maar dit word aangespreek. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

    Gitta Paetzold Vrydag
    1 min
  • Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard
    Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur van die VN se Ontwikkelingsprogram, Alexander de Croo, sê Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië dra die grootste las van armoede en ontbering:
    1 min
  • Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop
    Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
    1 min
  • Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking
    Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële prestasie, waardasie en sakevooruitsigte ondersoek. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira:
    1 min
  • Publiek welkom om landbouministerie teen BKS te help
    Die landbouministerie is oop vir vrywillige hulp van lede van die publiek in die stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking. Lynminister Inge Zaamwani het vanmiddag aan die parlement gesê dat sy 'n lys ontvang het van individue wat aanbeveel is om die ministerie by te staan, maar dat sy steeds hul besonderhede nagaan.
    1 min
  • CAN verwelkom N$1,3 miljoen vir palliatiewe fonds
    Die Kankervereniging het 'n belofte van 1,3 miljoen Namibiese dollar deur die FirstRand Namibië-stigting aan sy fonds vir palliatiewe sorg verwelkom. Die vereniging sê die bydrae is 'n beduidende stap om deernisvolle en waardige gesondheidsorg vir kwesbare kankerpasiënte regoor die land te verseker. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die befondsing sal help om toegang tot palliatiewe sorg landwyd te bevorder.
    1 min
  • Wat's fout met pienk bal in swak lig, vra Pollock
    Krieket: Die gewese Protea-kaptein en -snelbouler, Shaun Pollock, sê skeidsregters moet toegelaat word om van ‘n rooi na ʼn pienk bal oor te skakel sodat spel in swak lig kan voortgaan. Spel moes vroeg gestaak word op die eerste drie dae van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië in Durban weens swak lig. ʼn Pienk bal, wat beter gesien word in swak lig, mag gebruik word indien albei spanne vooraf instem. Pollock verstaan nie die stigma wat aan die pienk bal kleef nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.