Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie
    Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en gesê die DA wil Suid-Afrikaners verenig, maar die ANC saai verdeeldheid:
    1 min
  • Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken
    Na aanleiding van parlementêre oproepe om die Wet op Regstellende Aksie te hersien, het arbeidsdeskundige Herbert Jauch die dramatiese afname in die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken. Jauch het beklemtoon dat die ministerie van arbeid 'n interne hersiening moet doen om uit te vind waarom die kommissie se moniteringskapasiteit verval het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah hulde aan wyle Pohamba gebring:
    1 min
  • NNN vertrek op staatsbesoek na Angola
    Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor kwessies wat beide lande regstreeks raak. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • 'Geld kan nie berusting bring nie'
    Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb sê finansiële vergoeding kan nie emosionele sluiting vervang nie. Hy het gepraat oor die siviele regsgeding van 2,2 miljoen Namibiese dollar wat deur die vermoorde Ingrid Maasdorp se familie teen die regering gebring is. Maasdorp sê dit is 'n deurslaggewende toets van institusionele aanspreeklikheid vir skoolsekuriteitsmislukkings. Dit volg op die inhegtenisneming van die 18-jarige Karinambande Muundjua wat na bewering die wrede verkragtings en moorde van minderjariges Maasdorp en Roswind Fabianu in 2025 erken het. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Koalisies in SA verkiesings verwag
    Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
    1 min
  • IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen
    Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die regering se belegging van 220 miljoen Namibiese dollar in die herontwikkeling van die oord in 2010.
    1 min
  • Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run
    Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sewende skof aan. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere
    Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en die opsporing van vee wat voor die ontdekking van die uitbreking uit die besmette gebied verskuif is, ingevolge die Wet op Dieregesondheid voortduur. Die waarnemende uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Petrus Nangolo, het meer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.