Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster
    Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • BoN maan teen vervalste banknote.
    Kassiere en besigheids-eienaars word versoek om waaksaam te bly nadat twee Rehoboth-leerders betrap is met vervalste Suid-Afrikaanse banknote. Voor die feestyd raai Sencia Kaizemi-Rukata, direkteur van die Bank van Namibië se valutabestuur, winkeleienaars aan om die sekuriteitskenmerke van banknote noukeurig te inspekteer en vals geld onmiddellik by die polisie aan te meld. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26
    Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste pasiënte is mans tussen 23- en 50-jaar oud. Woordvoerder Foster Mohale vra enige iemand wat simptome ervaar, insluitend koors, 'n uitslag of geswelde limfkliere, om onmiddelik mediese hulp te kry:
    1 min
  • Tradisionele leiers moet hul gemeenskappe se kultuur bewaar - Sankwasa
    Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê tradisionele leiers moet daarop fokus om te alle tye hul gemeenskappe se leefwyse en kultuur te bewaar. Sankwasa woon tans die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo by. Hy het met Nampa gepraat en gesê dat tradisionele norme en reëls veral nagekom moet word wanneer geskille binne gemeenskappe opgelos word:
    1 min
  • Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem
    Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van nasionale eenheid, nadat die partye gebots het oor die ANC se saak teen die Verkiesing-s-kommissie in die Konstitusionele Hof. Ramaphosa het Sondag tydens sy verkiesingsveldtog in Kaapstad gesê dat burgers die geleentheid het om ’n verskil te maak in die komende plaaslike regering-s-verkiesing:
    1 min
  • Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede
    Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het.

    Die burgemeester van Helao Nafidi, Darius Shaalukeni, het met Nampa oor Pohamba se dood gepraat en haar afsterwe as ’n groot verlies vir plaaslike owerhede beskryf.
    1 min
  • AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas
    AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong kinders dood is. Mbeki se getuienis van twee dae begin vandag. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, beweer die ANC is verantwoordelik vir growwe mense-regte-skendings:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.