Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië in Oktober 2025 slegs 37,8 persent van sy totale vraag na energie kon opwek en moes 62,2 persent, of amper 261 000 megawatt-ure, van die totale krag wat gedurende die maand aan die plaaslike ekonomie verskaf is, invoer. Harald Schütt, plaaslike energie kenner sê die produsente moet alledaagse Namibiërs wees.