Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle werk aan 'n gesamentlike poging om die plaag van tienerswangerskappe in Suid-Afrika te beëindig. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê dit sluit in die regering, burgerlike samelewingsorganisasies, nie-regeringsorganisasies, VN-organisasies en akademiese instellings. Hy sê huidige benaderings is te gefragmenteerd: