
Sign up to save your podcasts
Or


Nuwe Covid-gevalle styg skerp; Ramptoestand verleng tot 15 Januarie; Versterkingsdosis van Pfizer-entstof goedgekeur vir SA; Kinders bo 12 mag opvolgdosis kry; Wetsontwerp misluk om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak; Vervolgingsgesag sê daar is g’n krisis by die NVG nie; Staatskapingsverslag 1 Januarie op president se lessenaar; Oudpres. FW de Klerk kry staatsroudiens die naweek; Vind uit wat Suid-Afrikaners die meeste Google in 2021, én Trompsburg kinders bekoor met Johnny Cash-treffer.
SA beweeg in 4de vlaag van infeksies ná skerp styging in nuwe gevalle; President Cyril Ramaphosa kap lande wat grense vir SA sluit; Vroeë aanduidings wys dat inenting doeltreffend teen Omicron-variant is; Matrieks se Ballito en Plett samekomste afgestel; Werkloosheid styg in 3de kwartaal tot nuwe rekord; Fort Hare-regstudent se moordenaar sit 25 jaar; Departement van energie begaan petrolprysflater; Barbados verbreek bande met die Britse troon én Stormweernaweek verwag.
In ‘n neutedop: Nuwe variant van koronavirus, bekend as B.1.1.529, in SA, Botswana en Hong Kong waargeneem; Suider-Afrika terug op Brittanje se reisrooilys; Kabinet waarsku oor kinderontvoerings; DA burgemeesters verkies in drie Gautengse metro's; President sê ANC-regering sal koalisieregerings steun; Planne om Eskom op te deel vorder; Polisie gereed ná dreigemente oor KZN-onluste op Swart Vrydag; Rassie laat vaar appèl teen Wêreldrugby; Noord-Korea gee doodstraf oor Squid Game en Weerdiens waarsku teen skadelike wind in die Noord- en Wes-Kaap.
Beurtkrag is die week ingestel weens enorme druk op die kragnetwerk; Repokoers styg die eerste keer in 3 jaar; Kortlys vir die amp van hoofregter bekend gemaak; Kaapstad se jongste burgemeester nóg ingesweer; Tiener van Driehoek-brugramp ontvang nasionale orde; Afriforum sal hof toe om aandklokreël te eindig; Medelye stroom in vir oudbok Jannie du Plessis ná seuntjie sterf; Rassie Erasmus skuldig bevind oor videosage; én Sanger Theuns Jordaan verloor sy kankerstryd.
Oudpresident FW de Klerk vra om verskoning vir apartheid in video-boodskap kort voor sy dood; Minister van Finansies, Enoch Godongwana lewer sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerk; Eskom skaal beurtkrag af ná ‘n donker week; Moti-broers wat in Polokwane ontvoer is gevind; ‘nDerde van volwasse Suid-Afrikaners ten volle teen Covid-19 ingeënt; Leeus in Singapoer-dieretuin toets positief vir koronavirus en Travis Scott gedagvaar ná stormloop by konsert 8 lewens eis.
Uitslag van plaaslike verkiesings verklaar, nou moet partye bedmaats kies; Magashule-saak uitgestel tot Februarie; Na skerp styging is brandstof duurste óóit; Kaal vrou skop bohaai op in Kaapse bank; SA het laagste positiewe Covid-persentasiekoers sedert pandemie begin, WGO bekommerd oor Covid-syfers in Europa; Vermiste 4-jarige in Australië gevind; COP26 beloof miljarde om SA groener te maak; en Een van ons eie skrywers wen gesogte Britse Booker-prys, vind uit wie dit is.
Ministers gyselaar gehou deur oudstryders; Zuma vaar uit teen howe tydens sy biddag in KZN; Chaos breek in Gqeberha uit ná ongeluk; Wes-Kaap owerhede pak Cele oor polisiehulpbronne; LUR van Mpumalanga in hegtenis vir dubbele moord; Beurtkrag kan weer op kort kennisgewing geïmplementeer word, waarsku Eskom; Numsa-staking gaan voort; Verpligte inentings by universiteite bespreek; Olimpiese atleet van Kenia vermoor; Star Trek-akteur oudste mens óóit in buitenste ruim én Hittegolf-toestande heers, waarsku weerdiens.
Eskom hou land in duister die naweek; Brittanje verwyder uiteindelik SA van rooilys vir toeriste; Kortlys bekend vir SA se nuwe hoofregter; Nasionale polisiehoof se skorsing dreig, DA verwyder omstrede plakkate in KZN; Inentings vir kinders in SA word bespreek; WGO beveel Malaria-entstof vir kinders aan; Ma wat glo dogtertjies in NZ vermoor se verhoor begin 2023; Pandora-dokumente lê rykes se wegsteekplekke bloot, én Wêreld vier emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 90ste verjaarsdag.
Suid-Afrika is uiteindelik terug op vlak 1 van die staat van inperking; Inentingspaspoorte op pad; Politieke partye maak groot beloftes voor die plaaslike regeringsverkiesing; Verdoemende bevindings in verslag oor Digital Vibes-tenderskandaal; Staatskapingskommissie kry weer uitstel; Bendegeweld eis 4-jarige in Kaap; Klimaataktivis kap wêreldleiers se “blah blah blah” en Bond is terug…James Bond.
Noudat die registrasieproses afgehandel is, gaan politieke partye hard vry na stemme voor die plaaslike regeringsverkiesing; Johannesburg se nuutverkose burgemeester verongeluk; Kaapse onderwyser by skool doodgeskiet; Nagwaak vir vermoorde SA sussies in Nieu-Seeland gehou; Zuma oorweeg strafregtelike klag teen staatsaanklaer in korrupsieverhoor; Afrikaans moet terug by Unisa, beslis hof; en ‘...Maar kan jy braaibroodjies maak?’
From the publisher's feed