
Sign up to save your podcasts
Or


Inperkingsregulasies verslap na Vlak 2 nadat nuwe Covid-infeskies afneem; Meer as 15,4 miljoen inentings nou al in die SA toegedien; Sahpra het die Pfizer-entstof vir 12-jariges en ouer goedgekeur; Landsburgers kan die naweek registreer vir die munisipale verkiesing; Matrieks se eksamenrooster aangepas oor verkiesing; Zuma hoor Vrydag of sy tronkstraf herroep word en die Curriebeker bly in Pretoria.
Oudpres. Jacob Zuma is vrygelaat én sy korrupsieverhoor is uitgestel; ANC dank Carl Niehaus af; SA hou 1 November munisipale verkiesing; Net drie partye verklaar skenkings by OVK; Gesprekke is aan die gang om inperkingsmaatreëls te verslap; Wes-Kaap premier Alan Winde vra dat die Nasionale Ramptoestand opgehef word; Covid-19-entstofproewe vir kinders begin in SA; Heldeontvangs vir Paralimpiese sterre; én die Moederstad is op ABBA se virtuele toer.
Hoofnuus die week is dat ‘n nuwe variant van die koronavirus, bekend as C.1.2, in agt provinsies in die land geïdentifiseer is; Die regering oorweeg inent-paspoorte vir landsburgers; Agt vergdates vas vir moord op fluitjieblaser Babita Deokaran; In KZN is 11 dood in twee massaskietvoorvalle in Umlazi; Nog net een SA’ner oor in Kaboel; Orkaan Ida saai verwoesting in New York; en Paralimpiese sterre sit SA “op die wêreldkaart”, sê Ramaphosa.
Twee bomontploffings in Afghanistan eis tientalle lewens; Adjunk-president David Mabuza is terug in die land; Noordwes-premier Job Mokgoro bedank; ANC-personeellede staak oor salarisse; ANC-lede hou die land se howe besig; Fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg vermoor; Pfizer-entstof volledig deur FDA goedgekeur; Genoeg entstofdosisse vir SA tot die einde van die jaar; SA in aksie by die Paralimpiese Spele in Tokio; En ‘n intense kouetront beweeg oor die land voordat die lente aanbreek.
‘n Suid-Afrikaner vertel in ‘n eksklusiewe onderhoud vir my hoe hy uit Kaboel gevlug het nadat die Taliban die land se hoofstad die week oorgeneem het; Nosiviwe Mapisa-Nqakula is as die nuwe speaker vir die Nasionale Vergaderingaangewys; Meer as 10 miljoen Covid-19-entstofdosisse in SA toegedien en van vandag af kan 18 - 34 jariges hulle ook inent; Gru-busongeluk in die Oos-Kaap eis 30 lewens; Oktober-skoolvakansie in die weegskaal; én vind uit waarom Rammstein by die Paralimpiese Spele gehoor gaan word.
President Cyril Ramaphosa is met vrae gepeper toe hy die staatskapingskommissie se getuienis afsluit; Nuwe ministers na kabinetskommeling ingehuldig; Oudpresident Jacob Zuma se korrupsiesaak uitgestel weens sy hospitaalopname; Geskorste sekretaris-generaal van die ANC Ace Magashule se korrupsieverhoor óók uitgestel; Ramptoestand tot 15 September verleng; Verslag oor aardverhitting 'kode rooi’ vir mensdom en SA skitter steeds in groen-en-goud.
President Ramaphosa het Donderdagaand uiteindelik veranderinge aan sy kabinet aangekondig, ek vertel jou wie bly en wie gly; Die politieke ontleder prof. Dirk Kotze sê wat die skuiwe beteken; Sommige dele van Suid-Afrika is oor die kruin van die derde vlaag Covid-19 infeksies, maar die Wes-Kaap is in die oog van die storm; SA se entstofprogram tel stoom op, meer as 8 miljoen landsburgers nou al ingeënt; Die EFF ruk op na die Phoenix-polisiestasie naby Durban na beweerde rassisme tydens verlede maand se onluste; Heldeontvangs in SA vir ons nuwe Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer Tatjana Schoenmaker; én Dis bok teen leeu in Kaapstad môre.
Daar sal genoeg entstowwe vir die land én die vasteland wees, belowe president Cyril Ramaphosa. Kommer oor hospitaalkapasiteit in Wes-Kaap wat binnekort die piek van die derde vlaag gaan bereik; Suid-Afrika tel steeds die skade na die onluste vroeër die maand en KZN kondig ramptoestand af; Taxi-roetes in die Kaap gesluit na voortslepende geweld; Oktober se plaaslike regeringsverkiesings uitgestel oor pandemie; Rassie Erasmus braak gal oor skeidsregters in video; SA spog met nuwe Olimpiese kampioen nadat Tatjana Schoenmaker die wêreldrekord in die 200m-borsslag gebreek het; en Devilsdorp, die dokkie oor Krugersdorp-afspraakmoorde, wyd geloof.
Die dodetal na verlede week se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het tot 337 gestyg; Die presidensie sê meer van die opstokers wat daaragter sit gaan vasgetrek word; Oudpres. Jacob Zuma se wapenskandaalverhoor uitgestel; Pres. Cyril Ramaphosa se naam op uitgelekte spioenasie-lys; Taxi-oorlog in Kaapstad teiken ander vervoerdienste; Gaan inperkingsmaatreëls Sondag aangepas word?; Oorstromings eis lewens in Europa en Asië én dele van Suid-Afrika sprokiesagtig en betowerend ná swaar sneeuneerslae.
Die nuus is hierdie week oorheers deur die gewelddadige oproer en plundery wat dele van Suid-Afrika soos ‘n oorlogsone laat lyk het; Die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng het tientalle lewens geeis en miljarde rand se skade aangerig; Duisende weermaglede ontplooi om wet en orde te herstel; Dan is die land steeds in die derde vlaag van Covid-19-infeksies met meer as 205 000 aktiewe gevalle; Die ouderdomsgroep 35 tot 49 kan van dié week af registreer vir inentings; en in weste van Europa is tientalle dood ná oorstromings.
From the publisher's feed