
Sign up to save your podcasts
Or


Die tronkdeure van die Escourt-gevangenis het agter oudpresident Jacob Zuma toegeklap, maar hy word eers twee weke in isolasie aangehou; Een van sy grootste ondersteuners, die geskorsde ANC-lid Carl Niehaus, is in hegtenis geneem; Covid-infeksies styg in bykans alle provinsies en dit laat almal wonder of die Vlak 4-inperkingsregulasies ná Sondag verleng word: Ek het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging daaroor gevra; Nog ‘n kouefront tref die Kaap; Taxi-oorlog eis 7 op een dag in die Kaap; Haïti se president in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet; En laastens…vind uit watter vier kleurvolle karakters onlangs ingeënt is.
Die hoogste hof in die land het oudpresident Jacob Zuma 15 maande tronkstraf opelê, nou beplan sy ondersteuners ‘n massa optog; Dieselfde hof bevind president Cyril Ramaphosa het nie die parlement mislei oor sy CR17-veldtog nie; Einde in sig vir staatskapingskommissie se verslag, Entstowwe vir 50-plussers en joernaliste op pad; Padblokkades opgerig om te keer dat mense onnodig in of uit Gauteng, Skole sluit tot 19 Julie; Geweldadige betogings ruk eSwatini; én Hittegolf eis talle lewens in Kanada.
Derde golf Covid-19-infeksies tref Gauteng hard; Strenger inperkingsmaatreëls voorgestel; Duisende onderwysers en personeel ingeënt en wetstoepassingsbeampteglo volgende in tou; Skole bly egter oop vir nou; Suid-Afrika kry nasionale hawe-owerheid; Gigaba sê hy het niks van Guptas se plundery geweet nie; Magashule betwis sy skorsing in die hof; Nog ‘n massa-skietery in Kaapstad; G’n tienling hier gebore, sê Gauteng gesondheidsdepartement en Cyril se ‘gesteelde’ iPad sorg vir nog ‘n vir oorwurm.
Suid-Afrika skuif na 3 van die inperking soos wat derde vlaag infeksies landwyd hard tref; Besending van 300 000 Johnson & Johnson entstowwe arriveer binnekort vir personeellede in die onderwyssektor; Die regering verkoop 51% van SAL; Zondo-kommissie vra vir nog ‘n uitstel; 3de grootste diamant óóit in Botswana gevind; Zambië se voormalige president sterf; Tembisa-tienling-debakel “laagtepunt” vir SA joernalistiek, sê Sanef én kankerlyer bekoor wêreld met haar nagtegaal stem.
Beurtkrag tot Fase 4 verhoog die week, maar wysigings aan die Elektrisiteitsreguleringwet bring lig in die kragkrisis-tonnel; Die minister van gesondheid is op spesiale verlof geplaas na Digital Vibes-tenderskandaal; Die instituut van oordraagbare siektes bevestig ons is nou amptelik in die derde vlaag koronavirusinfeksies; Die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards sterf; én Jessica van Namibië weet nie sy is “regstreeks op tv” nie.
President Cyril Ramaphosa sê die ekonomie toon tekens van herstel, hy sê ook dat die ‘Digital Vibes’-skandaal waarby die minister van gesondheid dr. Zweli Mkhize betrek word nie ‘onder die mat’ gevee sal word nie; Gupta-bondgenoot in hof en Interpol gevra om die Guptas te help aankeer; Suid-Afrika is die week in ‘n aangepaste Vlak 2 van die inperking sowel as fase 2 van beurtkrag; Ondersoek bevind Eskom-hoof het nie rassisties opgetree; Dit was ‘n geskree, geskop en gevloek by die Pan-Afrika Parlement se sittings die week; Matrieks se Junie-eksamen geskrap; en bestuurder se noue ontkoming toe olifantbul bakkie pak.
Ramaphosa praat binnekort met SA; Mkhize erken Digital Vibes-kontrak was onreëlmatig; Zuma ontken skuld op al die wapentransaksie-aanklagte teen hom; Geskorsde Magashule weer by Zuma in die hof; ANC sê Israelse ambassade moet sluit; Myeni voor Zondo maar eers ná bevel; Beurtkrag is terug; Mej. SA nou oop vir transgender-vroue; én vind uit hoe jy Sondag die 'Friends' reünie-program kan kyk.
Fase 2 van die regering se Covid-19-entstofprogram het begin; Daar is kommer oor ‘n styging in nuwe Covid-19 infeksies, dit is ook die rede dat is kontaksport by skole opgeskort is; Dan het oudpresident Jacob Zuma ín die hof en die geskorsde ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, búite die hof opslae gemaak; Afrikaans as onderrig taal het ook weer in die hof gedraai; Twee kouefronte tref die land en die BBC sê jammer oor dáái Diana-onderhoud.
Derde vlaag van pandemie is hier”, sê Zweli - maar sy department sê hokaai: Nog nie helemal nie; Fase 2 van die entstofprogram begin Maandag; Gaan Ace jammer sê dat hy Cyril “geskors” het?; Polisieminister vra om verskoning vir DNS-krisis; Zwane sê vir Zondo hy weet nie Guptas het vir sy vlug betaal nie; Registrasienaweek vir plaaslike verkiesing in Julie; én VN bekommerd oor Israeli-Palestynse konflik, wat op oorlog kan uitloop.
Dit was hoogdrama in die ANC die week, met ‘n oor en weer geskorsery; Die president beantwoord vrae in die Nasionale Vergadering en sê die regering se inentingsporgram is op koers; ‘n Brand eis twee Covid-pasiënte in ‘n Limpopo hospitaal, Gedenkdiens gehou vir Suid-Afrikaner wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is; Einde in sig vir geblikte leeujag in die land, Storms in Kaap eis lewens; Suid-Afrika spog met sy eie Chuck Norris na skietery in Pretoria én vind uit van watter land Bafana Bafana se nuwe afrigter afkomstig is.
From the publisher's feed