
Sign up to save your podcasts
Or


Pres. Cyril Ramaphosa lewer getuienis voor die Zondo-kommissie, en 'n ontleder sê waarom dit belangrik is; Die vervreemde vrou van minister Malusi Gigaba verskyn ook voor kommissie; Brittanje stel sanksies teen Guptas en 18 ander korruptes in; Kubaanse ingenieurs ingevoer om SA se waterkrisis op te los; Mango se vlugte tydelik gestaak oor skuld; Johnson en Johnson inentings hervat in SA - en sal gratis wees vir alle landsburger; En die plaaslike dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen Oscar.
Suid-Afrikaners gaan 27 Oktober stembus toe vir die plaaslike verkiesing; Verwoestende brand veroorsaak groot skade in Kaapstad; Zuma se regsverteenwoordigers gooi die handdoek in; Die Johnson & Johnson-entstof gaan weer in Suid-Afrika toegedien word, nadat dit tydelik opgeskort is; en in die VSA is die oudpolisieman Derek Chauvin skuldig bevind aan die moord op George Floyd.
Die toediening van die Johnson & Johnson-entstof in Suid-Afrika is tydelik opgeskort ná enkele gevalle van bloedklonte in die VSA; Graad 10-leerling van Limpopo neem haar eie lewe na opspraakwekkende boelievideo wat wyd versprei is; Die Wes-Kaapse LUR Bonginkosi Madikizela geskors terwyl die DA sy tersiêre kwalifikasie ondersoek; ANC voorsitter Gwede Mantashe voor Zondo-kommissie die week; maar oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou Norma Mngoma nie; Ace Magashule konsulteer met oudpres. Jacob Zuma by sy woning in Nkandla; én Brittanje se Prins Philip word Saterdag begrawe.
Volgens amptelike syfers is 235 mense tydens Paasnaweek op die land se paaie dood, baie van hulle voetgangers; Die brandstofprys het ook skerp gestyg die week, soveel so dat landsburgers nou die meeste ooit vir brandstof in Suid-Afrika betaal; Dis alweer die Ramaphosa-groep teen die Magashule-kamp; Dan in Covid-19 nuus het die minister van gesondheid bevestig dat die tweede fase van die regering se intengprogram volgende maand begin; In Mosambiek het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader oor die terreur in noorde van daardie land; en laastens getuig oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou glo voor Zondo-kommissie.
Inperkingsregulasies aangepas vir Paasnaweek: Strenger regulasies rondom alkohol geld tot Maandag, maar regulasies oor samekomste verslap; Fase 2 van die land se intentingsprogram glo op koers om Mei te begin; Die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule loop op dun ys na die party se NUK vergader; Die Islamitiese staat aanvaar verantwoordelikheid vir die terreuraanval in Mosambiek: Ek vra ‘n kenner of die streek moet bekommerd wees; Meer as 600 SAUK-werknemers verloor hulle werk nadat die openbare uitsaaier sy afleggingsproses afhandel; legendariese SAUK-nuusleser Noxolo Grootboom groet die kassie; én Die skerpste brandstofprysstyg in jare kom, so maak jou motor voor Woensdag vol!
Almal wil weet, gaan ons na ‘n strenger inperkingsvlak skuif voor Paasnaweek, en wat gaan dit behels; Dit was ‘n besige week by die Zondo-kommissie, daar is iets gesê wat adjunkhoofregter Raymond Zondo “nog nooit voorheen in ‘n hof of kommissie gehoor het nie”; Grondkenner prof. Elmien du Plessis vertel ons waar die proses tans is met die onteieningswetsontwerp, sy sê SA sal dalk al teen Mei weet of die Grondwet aangepas gaan word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, Die minister van hoër onderwys Blade Nzimande sê studentebetogings maak hulle “angstig”; én die brandstofprys gaan glo skerp styg volgende week, so maak jou motor voor Woensdag vol!
Fase 2, toe Fase 1, toe vir ‘n paar uur ‘Fase 0’ en toe terug na Fase 2: Wat op dees aarde gaan aan by Eskom?; Studentebetogings teen finansiële uitsluiting dwing kampusse tot stilstand; SA groet Zoeloekoning Goodwill Zwelithini; Tanzanië kry eerste vroue president ná John Magufuli se afsterwe; Hoe ver is die derde Covid-vlaag?; Én verdagte wat agt in VSA spa’s doodskiet aangekla.
Dit was ‘n besige nuusweek daarom bring die joernalis Mia Spies jou soos elke Vrydag op hoogte van alles wat jy behoort te weet met die weeklikse Nuus met Spies-potsending: ANC se top-6 leiers vergader met Zuma, Omstander dood tydens Wits-betoging en Beurtkrag is terug.
Suid-Afrika het Sondag om middernag na Vlak 1 van die inperking geskuif, maar kenners meen die derde Covid-19-vlaag kan al rondom paasnaweek verwag word; Sewe polisiebeamptes is die laaste twee weke in SA vermoor, Eskom is weer in die soeklig by die Zondo-kommissie; Bloedbad in Mianmar en die Sussexe se eksklusiewe onderhoud Maandag in SA.
Dit was ‘n besige nuusweek in Suid-Afrika daarom bring die joernalis Mia Spies jou soos elke Vrydag op hoogte van alles wat jy behoort te weet met die weeklikse Nuus met Spies-potsending.
From the publisher's feed