Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Stay up to date with the latest developments in the creative industries, as featured on Mid-Morning Magic.... more
FAQs about OFM Artbeat (Kunsteklop):How many episodes does OFM Artbeat (Kunsteklop) have?The podcast currently has 275 episodes available.
September 22, 2025Luna Paige debuteer haar produksie ‘Die Reisigers’ in PotchefstroomIn Die Reisigers verken die sanger-liedjieskrywer Luna Paige temas van beweging, stilte van gees, aanvaarding en selfliefde. Die vertoning is geïnspireer deur haar persoonlike ervarings op reis — onder meer op die Spaanse Camino — sowel as haar waarnemings as reisiger en kunstenaar. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om oor die debuut produksie te gesels wat vanjaar by Momentum Aardklop te siene is....more5minPlay
September 17, 2025150 jaar van die St. Paulus Evangelies-Lutherse Kerk verdien een groot oesfees konsert in BloemfonteinAs deel van hul 150ste vieringe vanjaar, nooi die St. Paulus Evangelies-Lutherse Kerk in Dan Pienaar, Bloemfontein jou uit na 'n Middeleeuse Oesfeeskonsert op 27 September om 18:00! Kom vier gerus fees saam met die Secret Artists Club met heerlike kos en wonderlike musiek. Diandra Steenekamp sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop met al die besonderhede. Vind hulle gerus op Facebook vir verdere besonderhede: https://www.facebook.com/p/The-Secret-Artists-Club-61552568163705/...more4minPlay
September 16, 2025English cellist, Michael Kevin Jones invites you on his South African tourThe English cellist, Michael Kevin Jones, studied Music Performance piano/cello at the Royal College of Music (London). He was also a student of Niel Immelman (piano). While a student at the Royal College of Music, he was chosen to play for the Royal family and awarded a German government scholarship for further study in Köln. He is very much looking forward to his South African tour which will make its second stop at the Odeion in Bloemfontein on the 2nd of October. Tickets are available from Quicket. Michael joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about his passion for cello as well as for exposing the youth to his craft. He also unpacks the program of the night which is being presented with Nicolene Gibbons on piano....more6minPlay
September 10, 2025Fauresmith se Spoorfees bied in Oktober iets vir almal en nooi jou om te kom kuier!Daar word binnekort groot makietie gehou op Fauresmith wanneer die tweede Spoorfees vanjaar vanaf 3 tot 5 Oktober aangebied word op die plattelandse dorpie. Sanger Jacobus Silwer en sy vrou Lizzie, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die propvol program en die dorps reünie, wat ook daai naweek plaasvind. Groot dank aan die ATKV wat dit moontlik maak. Kaartjies is beskikbaar by Seat Me....more7minPlay
September 09, 2025‘n Diepe musikale reis met klavier en viool tydens ‘Fantasy’ in Potch hierdie SeptemberSluit aan by die bekende violis Piet Koornhof en die bekroonde pianis Jana Mathee vir 'n voortreflike aand van kamermusiek by die Skool vir Musiek, NWU. Hierdie konsert bring 'n boeiende program van werke deur van die mees innoverende komponiste van die 20ste en 21ste eeue bymekaar. Jana Mathee sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die verhouding tussen viool en klavier en om luisteraars te nooi na die NG Kerk Vyfhoek vir die besonderse aand van musiek. Kaartjies is beskikbaar by Quicket....more4minPlay
September 04, 2025Tenor and piano join talents to present folk and gypsy music at the Odeion in BloemfonteinTenor Albertus Engelbrecht joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about the production ‘Gypsy’ being presented at the Odeion in Bloemfontein on the 18th of September. With Albie van Schalkwyk on piano, they team up to bring you a mix of gypsy and folk music. This promises to be a fun night and tickets are available at Quicket....more3minPlay
September 01, 2025Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinasPotchefstroom kan reg maak vir ‘n onvergeetlike ballet wanneer die North West Youth Ballet (NWYB) Swan Lake by die Sanlam Auditiorium aanbied, 11 en 12 September 2025. Artistieke Direkteur en Organiseerder, Antoinette van Staden sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe belangrik hierdie tipe blootstelling is vir jong dansers, die voorreg om saam met internasionaal bekende dansers op te tree, as ook wat die gehoor kan verwag as dit kom by hul einde van Swan Lake se verhaal. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa....more5minPlay
August 26, 2025‘Classical Icons’ word deur die Vrystaatse Simfonieorkes aangebied onder leiding van dirigent Gérard KorstenIn September het jy geleentheid om die Vrystaatse Simfonieorkes oor twee vertonings te sien optree. Pianis Ben Schoeman tree as solis op die 13de en 14de by die Odeion in Bloemfontein. Hy sien vreeslik uit na die geleentheid en natuurlik om die verhoog met ‘n ikoon in sy eie reg, Gérard Korsten, te deel. Ben sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en vertel ook van sy gunstelling item op die program. Kaartjies is beskikbaar by Quicket....more5minPlay
August 25, 2025Onthou my asseblief: ‘n Liefdes konsert uit Heidedal met Caroline GraceMusikant, liedjieskrywer en vervaardiger, Angelo Mockie sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel oor die besonderse geleentheid wat Afrikaans in Heidedal vier. Die uiters talentvolle Caroline Grace deel die verhoog met plaaslike kunstenaars Domariah Stilo, Lenthea Jantjies, Allonechia Steyn en Jaques May-Knight. Dit beloof ‘n aand van nostalgie en liefde vir Afrikaans. Angelo se droom is dat die produksie ‘n jaarlikse instelling sal word. Dit vind die 20ste September by die Musicon in Bloemfontein plaas en kaartjies is beskikbaar op Webtickets....more4minPlay
August 20, 2025‘Modulacion’ aangebied deur die Vrystaat Jeugorkes, gaan gehoor met hul talent verrasVrystaat Jeugorkesbestuurder, Victoria Seekoei en hoof fluitspeler, Dalene Fourie sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM KLunsteklop. Die Vrystaat Jeugorkes (FSYO) koester en ontwikkel die talent van jong musikante. Sluit by hulle aan terwyl hulle hul talent en harde werk ten toon stel in hul konsert op 6 September 2025. Toegang is gratis maar kaartjies moet wel op Quicket bespreek word....more4minPlay
FAQs about OFM Artbeat (Kunsteklop):How many episodes does OFM Artbeat (Kunsteklop) have?The podcast currently has 275 episodes available.