OFM Artbeat (Kunsteklop)

OFM Artbeat (Kunsteklop)

Download on the App Store

OFM Artbeat (Kunsteklop) episodes

  • Handbags and heritage collaborate at Oliewenhuis Art Museum in Bloemfontein
    This unusual curatorial approach creates fresh visual narratives by combining historical handbags with contemporary and classical artworks. The exhibition "On the arm of every woman" features a thoughtfully curated selection of beautifully crafted artifacts and artworks, overseen by three female curators. The selection draws from the prestigious collections of Oliewenhuis Art Museum, Art Bank of South Africa, and textile collections from the National Museum’s Collections Management and Library Departments. Yolanda De Kock (Acting Project Manager, ArtbankSA) joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat. This exhibition is on until the 16th of November 2025.
    4 min
  • Luna Paige debuteer haar produksie ‘Die Reisigers’ in Potchefstroom
    In Die Reisigers verken die sanger-liedjieskrywer Luna Paige temas van beweging, stilte van gees, aanvaarding en selfliefde. Die vertoning is geïnspireer deur haar persoonlike ervarings op reis — onder meer op die Spaanse Camino — sowel as haar waarnemings as reisiger en kunstenaar. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om oor die debuut produksie te gesels wat vanjaar by Momentum Aardklop te siene is.
    5 min
  • 150 jaar van die St. Paulus Evangelies-Lutherse Kerk verdien een groot oesfees konsert in Bloemfontein
    As deel van hul 150ste vieringe vanjaar, nooi die St. Paulus Evangelies-Lutherse Kerk in Dan Pienaar, Bloemfontein jou uit na 'n Middeleeuse Oesfeeskonsert op 27 September om 18:00! Kom vier gerus fees saam met die Secret Artists Club met heerlike kos en wonderlike musiek. Diandra Steenekamp sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop met al die besonderhede. Vind hulle gerus op Facebook vir verdere besonderhede: https://www.facebook.com/p/The-Secret-Artists-Club-61552568163705/
    4 min
  • English cellist, Michael Kevin Jones invites you on his South African tour
    The English cellist, Michael Kevin Jones, studied Music Performance piano/cello at the Royal College of Music (London). He was also a student of Niel Immelman (piano). While a student at the Royal College of Music, he was chosen to play for the Royal family and awarded a German government scholarship for further study in Köln. He is very much looking forward to his South African tour which will make its second stop at the Odeion in Bloemfontein on the 2nd of October. Tickets are available from Quicket. Michael joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about his passion for cello as well as for exposing the youth to his craft. He also unpacks the program of the night which is being presented with Nicolene Gibbons on piano.
    6 min
  • Fauresmith se Spoorfees bied in Oktober iets vir almal en nooi jou om te kom kuier!
    Daar word binnekort groot makietie gehou op Fauresmith wanneer die tweede Spoorfees vanjaar vanaf 3 tot 5 Oktober aangebied word op die plattelandse dorpie. Sanger Jacobus Silwer en sy vrou Lizzie, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die propvol program en die dorps reünie, wat ook daai naweek plaasvind. Groot dank aan die ATKV wat dit moontlik maak. Kaartjies is beskikbaar by Seat Me.
    7 min
  • ‘n Diepe musikale reis met klavier en viool tydens ‘Fantasy’ in Potch hierdie September
    Sluit aan by die bekende violis Piet Koornhof en die bekroonde pianis Jana Mathee vir 'n voortreflike aand van kamermusiek by die Skool vir Musiek, NWU. Hierdie konsert bring 'n boeiende program van werke deur van die mees innoverende komponiste van die 20ste en 21ste eeue bymekaar. Jana Mathee sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die verhouding tussen viool en klavier en om luisteraars te nooi na die NG Kerk Vyfhoek vir die besonderse aand van musiek. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.
    4 min
  • Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinas
    Potchefstroom kan reg maak vir ‘n onvergeetlike ballet wanneer die North West Youth Ballet (NWYB) Swan Lake by die Sanlam Auditiorium aanbied, 11 en 12 September 2025. Artistieke Direkteur en Organiseerder, Antoinette van Staden sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe belangrik hierdie tipe blootstelling is vir jong dansers, die voorreg om saam met internasionaal bekende dansers op te tree, as ook wat die gehoor kan verwag as dit kom by hul einde van Swan Lake se verhaal. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.
    5 min
  • ‘Classical Icons’ word deur die Vrystaatse Simfonieorkes aangebied onder leiding van dirigent Gérard Korsten
    In September het jy geleentheid om die Vrystaatse Simfonieorkes oor twee vertonings te sien optree. Pianis Ben Schoeman tree as solis op die 13de en 14de by die Odeion in Bloemfontein. Hy sien vreeslik uit na die geleentheid en natuurlik om die verhoog met ‘n ikoon in sy eie reg, Gérard Korsten, te deel. Ben sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en vertel ook van sy gunstelling item op die program. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.
    5 min
  • Onthou my asseblief: ‘n Liefdes konsert uit Heidedal met Caroline Grace
    Musikant, liedjieskrywer en vervaardiger, Angelo Mockie sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel oor die besonderse geleentheid wat Afrikaans in Heidedal vier. Die uiters talentvolle Caroline Grace deel die verhoog met plaaslike kunstenaars Domariah Stilo, Lenthea Jantjies, Allonechia Steyn en Jaques May-Knight. Dit beloof ‘n aand van nostalgie en liefde vir Afrikaans. Angelo se droom is dat die produksie ‘n jaarlikse instelling sal word. Dit vind die 20ste September by die Musicon in Bloemfontein plaas en kaartjies is beskikbaar op Webtickets.
    4 min

About OFM Artbeat (Kunsteklop)

From the publisher's feed

Stay up to date with the latest developments in the creative industries, as featured on Mid-Morning Magic.